Friday 13 September 2013

WASGOEDBONDELTJIES


WASGOEDBONDELTJIES 1

KORS:
500 ml (2Kop) Koekmeel
1,5 ml Sout
10 ml bakpoeier
125g Margarien

Sif droë saam en vryf margarien liggies daarin.
Voeg yswater bietjie vir bietjie by todat dit ‘n maklike hanteerbare deeg vorm.
Rol deeg uit en sny in vierkante van ± 4 cm
Skep koue vulsel op elke vierkant en vou punte na die middel. Steek vas met kruienaaltjie.
Bak elke bondeltjie in diepolie tot goudbruin.
Bondeltjies kan rou gevries word tot benodig.

VLEISVULSEL:
750g Maalvleis
2 gekapte Tamaties
Mespunt fyn Naaltjies
3ml fyn Gemmer
5ml fyn Koljander
30 ml Asyn
10 ml Sout
1ml Peper
2 gekapte Uie
2 fyn Knoffelhuisies
2-3 groot Aartappels in klein blokkies gesny.

Braai uie en knoffel in margarien tot deurskynend. Voeg vleis by en kook tot gaar.
Laat afkoel voor gebruik.
Geplaas deur: Dalene Brits
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/wasgoedbondeltjies.html



WASGOEDBONDELTJIES 2


Roomkaasdeeg:
250g houer roomkaas
250g (250ml) botter (maak botter sag in mikrogolf, moenie harde botter gebruik nie)
480g (4 koppies) koekmeelblom

VULSEL:
500g beesmaalvleis (gaargemaak na smaak)
1. Voorverhit oond tot 220 grade C
2. Klits roomkaas en botter saam tot sag en lig.
3. Sif koekmeelblom by en meng tot 'n deeg.
4. Draai toe in kleefplastiek en verkoel terwyl vulsel gemaak word.
5. Maak vulsel.
6. Rol deeg uit tot 5mm dik. Sny in vierkante (so groot soos jy dit wil maak)
7. Skep vulsel in middel van vierkante en vou hoeke na binne soos 'n wasgoedbondel.
8. Druk een naeltjie in elk en verf geklitste eier oor. 9. Bak 10-15 minute
Liezl Donaldson 

No comments:

Post a Comment