Tuesday 3 December 2013

HAWERMOUTKOEK

HAWERMOUTKOEK                                               

  • BESTANDDELE
    3 koppies hawermout (groot vlokkies)
    ½ koppie gedroogte appelkose, opgekap
    15 ml bakpoeier
    5 ml kaneel
    1 koppie melk
    ½ koppie olie
    2 eiers
    ¼ koppie bruinsuiker
    ¼ koppie amandelvlokkies
    ¼ teelepel sout

    METODE

    Meng die hawermout, appelkose, sout, bakpoeier en kaneel.
    In ‘n aparte mengbak, klits die melk, eiers, olie en suiker saam tot die suiker meestal opgelos is.
    Voeg nat by droog en roer deur.
    Spuit of smeer ‘n koekpan en giet die mengsel daarin.
    Bedek met kleefplastiek en laat dit oornag in die yskas.
    Volgede oggend: Verhit oond tot 180 grade.
    Haal die koekpan uit yskas en sprinkel die amandels oor.
    Bak vir 20 - 25 minute.
    Bedien met ongegeurde joughurt en heuning.
    Oorskiet kan vir 4 - 5 dae in die yskas gebêre word.
    RSG
     http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/hawermoutkoek.html

No comments:

Post a Comment