Wednesday 4 December 2013

KOOLFRIKKADELLE



MA SE KOOLFRIKKADELLE:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/koolfrikkadelle.html
Koolfrikadelle het ook bekend gestaan as “Oumeid onder die Kombers” waarvan ons Oumas en Oupas gepraat het.
JY'T NODIG:

1 groot kopkool Water om in te kook
1 kg maer maalvleis
1 groot ui
2x blokkies weetbix
1 eier
Worcestersous
Sout en peper aromat
2 bief ekstrak blokkies
1 Knorr “stock pot” (bief)
Baba aartappels en uie om by te voeg vir kook

SO MAAK JY:
Soek jou kool met die hand uit, nie “pre-wrapped”, vaal kole nie. ‘n Mooi groen-kleur kool met buiteblare wat jy moet afsny. Loer binne die kool of daar nie slakke is wat wegkruipertjie speel nie.... Dop kool om, sny die stronkdeel in ‘n diep groot sirkel uit maar moenie die kool oopbreek nie, die kool moet sy ronde vorm behou. Sny die stronk uit sodat die blare los kan wees wanneer jy jou frikadelle daarin toerol. Sit die kool net so nadat die stronk uitgesny is in ‘n groot pot met water sonder sout en laat water kook met kool daarin. Sodra die begin kook, laat jy dit kook vir so 5 minute, sit dan die stoof af, draai die kool om in die water en los dit eers net so. Die warm water sal res van kool van die onderkant af weer sag maak.


Maak nou intussen die frikadelle aan.
 1 Groot kool benodig omtrent so 1kilogram maalvleis.
 Ek gebruik effe maer maalvleis.
Gooi in bak, rasper een groot ui daarin, breek 2x weetbix blokkies baie fyn daarin (in die blek van brood), 1 eier, sout en peper, Worcestersous en ‘n bietjie Aromat. Proe jou maalvleis - dit moenie te veel sout in hê nie omdat die ekstrak van die vleissous baie sout is (dit word later bygevoeg).
Rol nou die maalvleis in balle. Kleiner as tennisballe maar groter as golfballe (of soos mens maar altyd jou frikadelle rol). Jou kool is nou lekker sag genoeg om te rol.
Sit kool in ‘n “strainer” en dreineer. Begin van jou buiteblare af: sit die blaar neer, vat dan een van jou frikadelle sit dit in die blaar en rol dit toe.
Pak dit netjies terug in jou groot pot, pak dit een vir een in lae tot jy al jou frikadelle daarin gepak het.
Neem nou 2x bief ekstrakblokkies, breek dit fyn en strooi bo-oor jou frikadelle.
Neem ook van hierdie nuwe Knorr bief “stock pot” in die jellievorm en voeg dit by. Bedek kool net-net met water.
Jy kan nou heel uitjies skil en bo-op jou koolfrikadelle sit en ook heel baba aartappels.
Kook stadig, loer kort kort in die pot want jy gaan nie weer water bygooi nie, dit moet effe droog kook, maar moet asb nie sout bo-oor jou aartappels en uie gooi nie, anders is dit te sout.
Kook stadig tot die sous byna alles weggekook het.

Bedien saam met rys, soet pampoen of patat en ’n lekker bak groenboontjies. Lekker!!!
By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering*

[kook kapperjolle – ELZANNE VAN ZYL]


  



KOOLFRIKKADELLE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/koolfrikkadelle.html

Neem maalvleis, meng met 1 eier,
sout, peper,
fyn gekapte ui,
1 sny fyn brood,
chutney, goeie skeut worstersous of wat ookal jou smaakkeuse is

METODE
Neem goeie vars kool (sjoe die een van vandag was ekstra mooi en het pragtige blare gehad) breek buite blare af. Ek spoel myne in soutwater vooraf om seker te maak dit is sand/gogga vry. Sny die harde draad uit en elke koolstuk om om die frikadeletjie pas. Week in kookwater om hanteerbaar te maak. Plaas in geskikte oondpan, liggies met olie gesmeer.
Rol vleis in koolblare (sien foto) ek hou bietjjie vleis vir oorstrooi eenkant. Gooi ongeveer 1 kop kookwater onder in die pan, dit word jou sousie. Gooi n blik tamatie/ui smoor egalig oor kool/vleis. Gooi so eetlepel suiker egalig oor.
Sprinkel bietjie BBQ spice of braai-spice oor (aangesien dit die kool) smaak kan gee, of bietjie woestersous. Bedek met deksel of foelie. Plaas in vooraf verhitte oond. Ek sit myne vir eerste 15min op 200grade en oorblywende 40min by 180gr. Hou vloeistof dop. Sous is lekker saam kos. Bedien op rys. Hoeveelhede is na gelang van gesingrootte. Frikadelle grootte van n eier.
Net reg vir jou pladbodem pot**Lekker Resepte Vir Jagters en Boere.**26/09/2015

No comments:

Post a Comment