Francois Hattingh
Maak omtrent 500 ml.
WENK: Jy kan ook lemoenskil, knoffel en ander speserye byvoeg.
6 koppies pitlose wit of rooidruiwe
1 rooi ui - gekap
sonneblomolie
2 lourierblare
2 steranys
3 naeltjies
1 tl koljandersaad
4 el suiker
6 el witasyn
Kook die druiwe ongeveer 5 minute in water of tot hulle doppies begin
oopbars.
Dreineer.
Soteer die ui en speserye tot sag.
Gooi die suiker en asyn by en kook tot stroperig – ongeveer 10 – 15
minute.
Gooi die druiwe by en kook nog 5 - 7 minute.
Gooi die blatjang in gesteriliseerde flesse en draai dadelik toe.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/druiwe-blatjang.html
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/druiwe-blatjang.html
DRUIWE BLATJANG 2
Francois Hatting
6 koppies rooi of groen pitlose druiwe
2 eetlepels canola olie
4 eetlepels suiker
6 eetlepels wit asyn
1¼ koppie rooi uie - in blokkies gesny
1 teelepel sout
¼ teelepel wit pepper
5 kruisementblare
Plaas die druiwe in 'n pot en kook op hoë hitte tot die druiwe bars,
gewoonlik vir so 2 minute.
Verwyder van hitte en dreineer die druiwe deur 'n vergiettes .
Sit die druiwe eenkant.
Braai die uie in die olie tot hulle deurskynend is.
Voeg die suiker en asyn by en kook oor matige hitte vir so 3 - 4 minute of
tot die mengsel stroperig word.
Vewyder van die hitte en laat dit afkoel.
Voeg die druiwe by.
Voeg die sout, peper en kruisement by.
Plaas in die yskas.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/druiwe-blatjang.html
No comments:
Post a Comment