GROENTE RYSKOEK
Lewer 12 porsies
750ml Gaar rys
5 Babymarrows
600g Butternut in blokkies
Sny murgpampoentjies en botterskorsie in skyfies/blokkies en stoom net tot gaar.
SOUS
60g margarine/botter
1 gekapte ui
5ml fyn knoffel
62ml witwyn
62ml suurroom
62ml cheddar gerasper
10ml mosterd saad of 2ml aangemaak
125ml koekmeel
450ml melk
62ml parmesan kaas gerasper
5ml vars roosmaryn
Sout/peper/aromat
Braai ui en knoffel in margarine tot sag.
Voeg meel by en roer wyn en melk in. Roer en verdik soos witsous.
Bring tot kookpunt, verwyder van hitte en voeg suurroom, kaas, roosmaryn
en mosterdsaad by.
Voeg nou 375 ml van die sous by die rys en meng. Plaas helfte van rysmengsel op die boom van
die gespuite 23cm veerboompan. Druk stewig vas.
Plaas die helfte van die babymarrow bo-op en volg op met bietjie sous.
Plaas helfte van butternut skywe bo-op gevolg met bietjie sous. Druk elke
keer bietjie vas.
Vervolg soos die ander helfte van die gfroente.
Plaas oorblywende rys bo-op en druk goed vas en maak gelyk.
BOLAAG
200ml vars broodkrummels
15g gesmelte margarine
2,5 ml vars tiemie
20g gerasperde parmesan kaas
Voeg al die bestanddele bymekaar en sprinkle oor die ryskoek.
Bak tot effe bruin so ongeveer 20min.
Verwyder ring versigtig en dien op op die basis van die pan.
‘n Treffer, heerlik by enige gebakte vleis, vis of braaivleis.
Willie Higgs
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/groente-ryskoek.html
No comments:
Post a Comment