Sunday 16 February 2014

LEPELBROOD

LEPELBROOD 
'n Skep van hierdie brood met 'n smeerseltjie botter is heerlik saam met braaivleis 
450 ml melk 
300 ml mieliemeel 
5 ml sout 
50 ml margarien, gesmelt 
4 eiers, geskei 

Voorverhit die oond tot 180ºC. 
Smeer 'n diep oondvaste bak van 24cm met margarien. Verhit die melk tot kookpunt. Verwyder van die hitte en roer die mieliemeel geleidelik by. Roer tot glad. Plaas terug op die hitte en laat kook tot die mengsel verdik het [die plaat moet nie hoog wees nie]. Roer elke nou en dan. Voeg die sout, asook gesmelte margarien by. Verwyder van die hitte en laat heelwat afkoel. Klits die eier gele en vou by die mengsel in. Klits die eierwitte styf en vou ook by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak sowat 35 - 40 minute lank of tot gaar. Lewer 4 - 6 porsies. *Voortrekker resepte* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/lepelbrood.html

No comments:

Post a Comment