Beesfilet met rooiwynsous
1 beesfilet
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sap van 2 suurlemoene
30 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 180 °C. Smeer die filet in met die knoffel, suurlemoensap en olyfolie, en geur met sout en peper. Plaas dit op ’n roosterrak in ’n oondbak in die warm oond. Om die filet mooi pienk te kry: vir elke 500 g, bak vir 15 minute, plus ’n ekstra 15 minute.
Rooiwynsous
250 ml goeie rooiwyn
250 ml goeie beesvleisaftreksel
60 ml botter
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Bring die rooiwyn en aftreksel in ’n kastrol tot kookpunt. Kook die sous af tot ongeveer 250 ml. Voeg die botter eetlepel vir eetlepel by en klits goed na elke byvoeging. Geur met sout en peper.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/beesfilet-met-rooiwynsous.html
No comments:
Post a Comment