Tuesday, 29 April 2014

POTBRAAIHOENDER


Potbraai-hoender – Hoender soos sy dit sou voorsit
deur Herman Lensing

genoeg vir 6
1 groot heel hoender
2 uie, in skywe gesny
4 knoffelhuisies, grofgekap
hand vol tiemie
500 ml beesaftreksel
60 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in pot met deksel wat in die oond kan gaan. Plaas res van bestanddele in pot en geur hoender goed met sout en peper. Maak toe met deksel en bak vir 45 – 60 minute of tot die hoender gaar is. Kyk ná 30 minute of daar nog genoeg vloeistof in die pot is, indien nie, gooi nog aftreksel by. Haal deksel af wanneer hoender gaar is en bak hoender oop vir nog 10 – 15 minute of tot goudbruin. Sit voor met potsous.   
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/potbraaihoender.html

No comments:

Post a Comment