Monday, 19 May 2014

MURGPAMPOENTJIE EN MIELIEGEBAK





Murgpampoentjie-en-mieliegebak

Lewer 4-6 porsies

15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
4 mediumgrootte murgpampoentjies, grof gerasper
5 ml (1 t) gewone paprika of 2,5 ml (½ t) gerookte paprika, of meer na smaak suurlemoensap, sout en peper
100 ml koekmeel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
1 x 410 g-blik geroomde suikermielies
125 ml (½ k) bevrore ertjies, afgespoel en gedreineer
4 eiers, geklits
handvol vars Italiaanse pietersielie, gekap
60 ml (¼ k) gerasperde cheddar- of pecorinokaas

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ‘n oondbak (ongeveer 1,5 liter) liggies met olie. 2. Verhit olie oor matige hitte in ‘n braaipan en soteer ui en knoffel tot sag. Roer murgpampoentjies en paprika by en soteer vir ‘n paar minute. Geur na smaak met suurlemoensap, sout en peper.
3. Meng die droë bestanddele saam in ‘n groot mengbak. Roer ui-mengsel, suikermielies, ertjies, eiers en pietersielie by die droë bestanddele en geur na smaak.
4. Skep in die oondbak en sprinkel kaas bo-oor. Bak 45-60 minute of tot goudbruin en gestol.
5. Sit dadelik warm voor met ‘n slaai met rooi soetrissies, tamaties en wortels.

 Wenk: 
1.As jy AMC kookware het gebruik ‘n 28 cm Chef’s Pan om die groentemengsel te soteer. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/murgpampoentjie-en-mieliegebak_19.html

No comments:

Post a Comment