Suurlemoenkaaskoek
Genoeg vir 6-8 mense
250 g Tennisbeskuitjies, fyngemaak110 g botter, gesmelt
250 g gladde roomkaas
2 eiers, geskei
1 blik (398 g) kondensmelk
60 ml (1Ž4 k) suurlemoensap
15 ml (1 e) suurlemoenskil, fyn gekap
125 ml (1Ž2 k) strooisuiker
Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer die basis van ’n ronde 20 cm-losboompan met bakpapier uit en spuit met kossproei.
- Meng die beskuitjies en botter en druk vas op die bodem van die koekpan. Verkoel ongeveer 30 minute tot ferm.
- Klop die roomkaas, eiergele, kondensmelk, suurlemoensap en skil saam tot glad. Giet oor die kors en bak 15 minute.
- Klop
intussen die eierwitte styf, voeg die strooisuiker bietjie-bietjie by
en klop tot glanserig. Skep dit oor die warm koek en bak nog 10 minute
tot die meringue goudbruin is. Laat afkoel en sit voor.* Deur
deur Eldre Kuyler –
Huisgenoot wenresep 01/08/2013
No comments:
Post a Comment