Riana Viljoen
LEKKER SOUSKLUITJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/mikrogolf-souskluitjies.html
Sous :
Mikrogolf 500 ml water,10g botter 50 ml suiker & 25 ml mielieblom saam vir 3 min oop by 100 % krag.
Beslag :
125 ml koekmeel,
10ml suiker,
5 ml bakpoeier,
10 g botter/margarien
30ml melk
1 geklopte eier.
Metode :
Skep lepelsvol v beslag in warm stroop,bedek & mikrogolf vir 2 min by 100% krag.
Laat
staan 'n wyle voor jy dit oopmaak. Dis 'n lekker klein reseppie
die,genoeg vir 2 mense
Souskluitjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/mikrogolf-souskluitjies.html
(Mikrogolf oond)
Stroop:
500ml Kookwater
5ml Kaneel
15ml Botter (1 Eetlepel)
15ml Suurlemoensap (1 Eetlepel)
5ml Karamelgeursel (Vanielja)
375ml Bruin suiker
5ml Gemmer •
Plaas in mikrogolfoond +-8-minute op hoog en kook tot suiker opgelos het. (Moenie deksel op sit nie, stoom sal stroop Verdun).
Beslag:
140ml Appelkooskonfyt (½ Koppie + 1 eetlepel)
10ml Koeksoda (2 Eetlepels)
125ml Botter (½ Koppie)
375ml Koekmeel (1 ½ Koppies)
Knippie sout
Verhit konfyt en botter in glashouer vir 1-minuut op hoog, voeg koeksoda by en roer totdat mengsel skuim, dan meel en sout by.
Skep teelepelsvol beslag in kokende sous, maak deksel dig toe en plaas in mikrogolfoond
vir
5-minute op hoog. Laat 1-minuut bedek
staan.
Hanli Nel
Souskluitjies (Mikrogolf)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/mikrogolf-souskluitjies.html
Water in glasbak (2.5 cm in 'n 1,5 liter bak)
20g botter
50g suiker
2.5 – 5ml kaneel
50ml maizena
1. Meng bogenoemde met die water in die bak en mikrogolf tot dikkerige sous.
1k koekmeel
20ml suiker
10ml bakpoeier
5ml sout
2. Meng die droë bestanddele saam.
20ml botter
3. Vryf in
60ml melk
2 eiers
4. Klits melk en eiers liggies en voeg by meelmengsel.
5. Skep lepelsvol in sous
6. Bedek met deksel of kleefplastiek
7. 3 minute op Hoog (100% krag) en strooi dan kaneelsuiker oor.
No comments:
Post a Comment