UIESOPPOEIER T-BONE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/uiesop-t-bone.html
Dalene se verwerking van die onderstaande resep
1 Groot Ui, in ringe gesny
2 T bones
Worcestersous
1 pakkie Uiesop, wit of bruin
2 Aartappels
Strooi die uie onder in 'n oondpan.
Plaas vleis bo-op die uie en drizzle worcestersous oor.
Laat staan vir ten minste 2 ure.
Strooi nou die droee uiesoppoeier oor die vleis.
Draai om en strooi aan die anderkant ook.
Geen sout of water is nodig nie. Bedek die pan met foelie.
Bak die vleis by 140*C vir 1 tot 1 en 1/2 uur.
Draai een keer om.
Die aartappels sal lekker sag wees en as daar te min sous is omdat die aartappels die sous opsuig, gooi so 1/4 k water in die pan en sit terug in die oond vir 'n paar minute.
WENKE:
Ander vleis kan ook gebruik word. Die vleis op mdie foto is prime rib, heerlik sag en souserig.
Frankie Schultz
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/uiesop-t-bone.html
Hey Helena, die een moet ek met die groep deel, ek doen hom bietjie anders, in swaar gewig foil sny ek een of twee groot ui in ringe dan strooi ek bruin-ui sop poeier oor dan ñ T-bone steak bo-op met nog bruin-ui sop poeier oor,draai toe in die foil om elke steak sy eie pakkie te maak, en bak in oond op so 140 grade celcius vir so ñ uur en ñ half! Geen vloeistof of water by nie die ui maak sy eie sousie! Oh ja ek het dit al met shin,short-rib of dik chuck gedoen met groot sukses! Lekker met mash of geroosterde veggies in die oond! Lekker maklik moeite vry watertand resep!
No comments:
Post a Comment