Tuesday, 1 July 2014
VRUGTESLAAI KONFYT
Vrugteslaai-konfyt
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/vrugteslaai-konfyt.html
‘n Konfyt met ‘n besondere geur. Probeer dit op warm roosterbrood of croissants.
250 g droë appelkose, gesnipper
500 ml water
1 blik (470 g) fyn pynappel in stroop
125 ml lemoensap
60 ml grenadellapulp
750 ml suiker
3 groot piesangs, gesnipper
Laat week die appelkoosstukkies oornag in die water. Meng die volgende dag die appelkose en die weekwater en pynappel saam in ‘n kastrol. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 15 minute. Voeg die sap en grenadellapulp by, verlaag die hitte, bedek en laat prut vir 10 minute. Voeg die suiker by en roer tot gesmelt (moenie kook nie). Voeg die piesang by, verhit weer tot kookpunt en laat prut onbedek vir ongeveer 20 minute of tot die konfyt begin stol as ‘n bietjie op ‘n koue piering geskep word. Laat staan vir 5 minute en giet dan die warm konfyt in gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.
Lewer 1,5 liter konfyt.*landbou*01/07/2014
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment