Friday, 2 January 2015

SPOORWEGKOFFIE

Maré Nieuwoudt

Vir die wat uitgekuier is op die alkoholiese ponse, shooters en nog wat, prober die volgende.
SPOORWEGKOFFIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/01/spoorwegkoffie.html
*STASIEKOFFIE:

[ONBEKEND]
Bestandele:
3 Koppies witsuiker
2 Koppies sterk moerkoffie (klaar getrek)
3 Koppies Kookwater
½ Teelepel sout
Metode:
Roer suiker oor lae hitte in kastrol tot gekarmaliseerd
Voeg moerkoffie by
Roer oor lae hitte vir 10 tot 15 min (om koffiesterkte te verhoog)
Gooi eerste 2 koppies kookwater by, bietjie vir bietjie (wees versigtig, kan vinnig oorkook) roer aan houdend vir 2 minute
Voeg dan res van kookwater by, bietjies bietjies..1/4 koppie op 'n slag, roer aan houdend.
Voeg sout by, roer goed deur
Laat goed afkoel.
Filter deur baie fyn siffie, of lappie om enige gemaalde koffie te af skei .
Wanneer goed afgekoel, bottel dit en bere in yskas.
Gebruik een teelepel kofffiestroop per koppie, halwe koppie kookwater en halwe koppie kookmelk...
Self beter met net gekookte melk.... aaahhhh boeretroos op sy beste...!!!02/01/2015

No comments:

Post a Comment