Wednesday, 11 February 2015

GEDROOGDE VRUGTE BLATJANG




GEDROOGDE VRUGTE BLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/gedroogde-vrugte-blatjang.html

Bestanddele:
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies
'n duim-grootte stuk vars gemmer, fyngekap
6 naeltjies
1 lourierblaar, vars of gedroog
5 ml sout
200 ml witasyn
250 ml suiker
5 ml gerookte paprika
5 ml droë gemmer
250 ml rosyntjies
250 ml korente
3 koppies water
Metode:
Plaas al die bestanddele in 'n kastrol en bring tot kookpunt.
Sodra die mengsel kook, verlaag die hitte en prut vir 30-40 minute.
Roer elke nou en dan die blatjang om te verhoed dat dit brand.
Plaas die mengsel in 'n voedselverwerker en pols totdat die blatjang glad genoeg is na jou smaak.
Skep in gesteriliseerde bottels en gebruik as braaisous by tjops, ribbetjies of geniet dit op 'n heerlike oorskiet lamstoebroodjie!***
Maggie de Castro***(RSG)

No comments:

Post a Comment