Tuesday, 17 March 2015

KREEFSLAAI OP DIE KOLE

Maggie de Castro
KREEFSLAAI OP DIE KOLE: http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/kreefslaai-op-die-kole.html

Maak die slaai as ’n alles-in-een-ete op die braai (genoeg vir 6)

Bestanddele:
6 (800 g) mielies, elkeen in 3 gesny
700 g-pakkie baba-aartapppels
55 g (60 ml) sagte botter
hand vol pietersielie, fyngekap
sap en skil van 2 suurlemoene
sout en varsgemaalde swartpeper
12 kreefsterte
70 g baba-slaaiblare


Slaaisous
45 ml korrelmosterd
30 ml heuning
45 ml witwyn-asyn
60 ml olyfolie

Metode:
Kook mielies en aartappels saam in pot met kookwater. Haal halfgaar mielies ná 5 minute uit, maar laat aartappels gaar kook (sowat 8 – 12 minute). Dreineer en hou eenkant. 

Plaas botter, pietersielie, sap en skil van suurlemoene in mengbak en meng goed met houtlepel tot sagte botter. Geur goed met sout en peper. 
Kry kole medium-warm. Sny kreefsterte oorlangs in die helfte. Smeer goed met kruiebotter op gesnyde kant. Plaas halfgaar mielies eerste op rooster en braai sowat 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin. Hou eenkant. 
Plaas kreefsterte met gesnyde kant na onder op warm rooster. Braai vir 8 – 10 minute of tot kreef gaar is. Hou eenkant. 
Plaas baba-slaaiblare in slaaibak en pak mielies, kreef en aartappels bo-op. 
Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam en gooi oor slaai. Sit voor.
(Sarie)

No comments:

Post a Comment