KLAPPER APPELTERT:
Oond 180*C.
IN MENGBAK:
2 k koekmeel,
2 k klapper,
4 E suiker,
250 gr sagte botter en
knippie sout.
METODE:
Vryf botter in droeë bestandele.
Druk driekwart van deeg in groot gesmeerde oondvaste tertbak.
Draai ander orige deeg in kleefpapier toe en bêre in yskas.
VULSEL:
Druk 1 groot blik tertappels fyner en roer 1 blik kondensmelk in en 2 eiergele, roer handvol sultanas in.
Klits 2 eierwitte styf en vou in mengsel.
Skep vulsel op tertdeeg en rasper deeg in yskas bo-oor.
Bak 30-40 minute tot goudbruin en gaar.
Bedien met room
(Watertand Resepte vir Oud en Jonk)
No comments:
Post a Comment