Maggie de Castro
AARTAPPEL EN SAMPIOENSOP:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/aartappel-en-sampioensop.html
(4 – 6 porsies)
Bestanddele:
60 ml botter
45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
250 g spek, gekap
400 g gemengde sampioene, grofgekap
5 aartappels, geskil en grofgekap
500 ml melk
500 ml water
sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:
Verhit botter en olyfolie in ’n middelslag-pot. Voeg ui en knoffel by en braai vinnig vir sowat 2 minute of tot ui begin verbruin. Sit spek en sampioene in en braai verder vir nog 5 minute.Voeg aartappels, melk en water by.Verlaag hitte en laat stadig vir sowat 10 – 15 minute kook tot aartappels sag en gaar is. Verwerk mengsel in voedselverwerker tot gladde puree. Indien die sop te dik is, kan jy ekstra warmmelk byvoeg om dit te verdun. Geur goed met sout en swartpeper.
(Herman Lensing – Sarie)
(Herman Lensing – Sarie)
No comments:
Post a Comment