Tuesday, 7 July 2015

MALVALEKKER TERT


Chrisseda Bulterman

FOTO : Simply-delicious

MALVALEKKER - TERT ( MARSHMALLOW – TERT )

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/malvalekker-tert.html

BESTANDDELE :
1 blik kondensmelk
1 groot blik Ideal melk
2 pakkies tennis beskuitjies
500 g malvalekkers
1 pakkie cherries of chellies ( tipe jellie balletjies wat net in cherry geur is )
4 piesangs, in skyfies gesny - opsioneel
500 g "crushed pineapple"
halwe koppie vars suurlemoensap

METODE :
1.Snipper lekkers en cherries en meng saam die piesang en pynappel.
2.in ’n aparte bak : gooi suurlemoensap en kondensmelk saam klop tot styf.
3.Klop danIdeal melk styf.
4.Vou lekkermengsel by kondensmelk mengsel in en meng goed.
5.Vou styfgeklopte Ideal melk by.
6.Pak in lae met beskuitjies wat as kors dien.
7.Laat stol in yskas vir so 2ure.

GENIET! 



MALVATERT  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/malvalekker-tert.html
Kors:
1 pakkie tennisbeskuitjies -fyngerol                               

100gr gesmelte botter
Meng en druk in die tertpan vas
sit solank in yskas

Vulsel :
1blik kondensmelk
2houertjies vars room
750g malvalekkers in kwart gesny
1/2 koppie suurlemoensap
1 blikkie fyn pynappel

Metode :
Meng kondensmelk en suurlemoensap saam voeg malvalekkers by
Voeg die pynappel by
Klits room tot styf en voeg by.
Voeg vulsel bo-Op die koekies
krummel n paar tennisbeskuitjies en strooi oor tert
Verkoel!
Bron: Bianca Janka

No comments:

Post a Comment