Wednesday, 4 May 2016
KERRIE UIE SOET EN STERK
KERRIE UIE SOET EN STERK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/05/kerrie-uie-soet-en-sterk.html
**Eie verwerking Helena*
2 kg Gesnyde uie in kwarte
1t sout
3-4k water [om in te kook]
SOUS
2k Asyn
3 k Suiker
3k Water [As jy meer sousie wil he nog 1 Water]
3 t Kerrie Poeier[ Hot Rajah]
1t Borrie
1 Pakkie Tamatie Paste
1 k Tamatiesous
½ k Sweet Chillie sous
2 e Appelkooskonfyt
Knippie sout en bietjie Peper
2-3 e Mielieblom [Maziena] [+ 2t Bisto soos Beulagh Lombard se dit is baie lekker]
METODE
Kook uie en sout vir so 10min in water tot amper sag
Dreineer al die vloeistof baie goed
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-15min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm
Helena Kruger*04/05/2016
Weer n slag lekker SOET KERRIEUIE gemaak maar die keer dit gekerf baie lekker 06/10/2016 Helena Kruger
*********************************************************************************************************
KERRIE UIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/05/kerrie-uie-soet-en-sterk.html
Alida Siebert
Op 10 kg uie
2 x 750 ml asyn
6 kop suiker
4 elpl kerriepoeier
6 tspn borrie
5 ml chilli powder
3 tsp sout na smaak
2 tbspn chutney
Maizena na gelang van dikte verkies. Ek het 1/2 kop op elke pot gebruik
METODE
Sny uie in dik ringe en kook in soutwater tot gaar en dryneer.
Maak sous aan in twee potte en laat kook.
Sit uie by en kook goed deur.
Maak maizena aan en voeg by en kook tot sous blinkerig is i.e. maizena is gaar.
Bottel in gesteriliseerde bottels.**07/04/2018
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment