Wednesday, 26 April 2017

MALVAPOEDING IN DIE MIKROGOLF OOND


 
MALVAPOEDING IN DIE MIKROGOLF OOND

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2017/04/malvapoeding-in-die-mikrogolf-oond.html
Sous
• 1 blik ingedampte melk
• 100 g (125 ml) suiker
• 125 ml water
Poeding
• 60 g (65 ml) sagte botter
• 200 g (250 ml) suiker
• 35 ml appelkooskonfyt
• 1 eier
• 140 g (250 ml) bruismeel
• 5 ml koeksoda
• 250 ml melk
• 15 ml asyn
• 1 liter vanieljeroomys
• 500 ml vanieljevla
METODE
Plaas al die bestanddele vir die sous in mikrogolfbestande bak en verhit tot kookpunt in mikrogolfoond vir sowat 2 – 3 minute. Hou eenkant.
Poeding Room botter en suiker saam in groot mengbak.
Voeg res van poedingbestanddele by, behalwe roomys en vla.
Meng tot gladde beslag.
Spuit ’n mikrogolfbestande 30 cmringpan goed met kleefwerende kossproei.
Gooi beslag in pan en verhit in mikrogolfoond op Hoog vir 10 – 12 minute of tot poeding begin verbruin. Laat staan in mikrogolfoond vir 3 minute.
Gooi sous oor en laat intrek.
Keer uit op opdienbord en sit voor met roomys en vla.**genoeg vir 8**
Bron:deur Herman Lensing - Sarie

No comments:

Post a Comment