Saturday 12 September 2015

KLAM OONDDROOG KERSIETAMATIES



Dié baba-tamaties gee ’n fynproewersmakie aan slaaie en voorgeregte, of probeer dit as pizza-bolaag, in pastasouse of as deel van ’n mezze-bord.
Maak: omtrent 3 flesse
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 4-6 uur
Oondtemperatuur: 100 oC

Bestanddele:
• 2 kg kersietamaties
• 10 ml strooisuiker
• 120 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, dun gesny
• 2 takkies vars roosmaryn
• 2 takkies vars tiemie
• 30 ml suurlemoensap

Metode:
1 Was die tamaties, laat dit droog word en sny dit dan middeldeur. Voer bakplate met bakpapier. Pak die tamatiehelftes op die bakplate met die gesnyde kant na bo.
2 Sprinkel die suiker, 45 ml sout en varsgemaalde swartpeper na smaak bo-oor. Sit die waaier aan as jy ’n konveksie-oond het en droog die tamaties vir 4-6 uur na gelang van hoe groot hulle is. Hulle moet krimp, maar nog klam wees in die middel.
3 Verhit intussen die olyfolie met die knoffel en kruie. Haal dit van die plaat af sodra dit warm is en laat dit eenkant staan. Gooi die olie deur ’n sif net voor die tamaties gereed is. Verhit dit weer en voeg suurlemoensap by.
4 Was en steriliseer die inmaakflesse en vul dit terwyl die flesse en die tamaties nog warm is.
TESSA/OUTYDSE EKONOMIESE RESEPTE EN WENKE.** Mare Nieuwoudt
#gedroogde tamaties
#halfgedroogde tamaties


INGELGDE KRUIE TAMATIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Dié kruietamaties is ideaal om as deel van 'n mezze-bord voor te sit, of voeg dit by pastasouse of slaaie
1 kg klein pruimtamaties
4 knoffelhuisies, gekap
10 ml droë basilie
5 ml droë origanum
10 ml suiker
6-8 takkies vars tiemie of
suurlemoentiemie
30 ml suurlemoensap
500 ml suiwer olyfolie


METODE:
1    Verhit 'n groot kastrol met water tot kookpunt. Maak 'n groot bak vol yswater en hou dit byderhand.
2.    sit die tamaties in die kastrol met kookwater. Kook dit vir twee minute, skep dit uit met 'n gaatjieslepel en sit dit dadelik in die yswater. Los dit vir 'n paar minute in die water en pak dit dan op 'n dubbele laag kombuispapier om te dreineer.
3.    sny elke tamatie in die lengte oop, maar moenie regdeur sny nie - die twee helftes moet nog aan die een kant aan mekaar vas wees. Maak die tamaties oop en pak dit met die vleiskant na bo op 'n gevoerde bakplaat. bak dit in die warm oond vir 45 minute of tot dit begin opkrul. Meng die knoffel, kruie en suiker saam en voeg 15 ml sout en 5 ml varsgemaalde swartpeper by. sprinkel 'n bietjie van dié
4.   Mengsel oor die een helfte van elke tamatie en vou dit toe. sit die tiemietakkies in twee gesteriliseerde flesse. Pak die tamaties in lae in die flesse met die tiemie aan die kant van die fles. Meng die suurlemoensap en olyfolie en gooi dit oor die tamaties om dit te bedek. Voeg nog olie by indien nodig. sny sirkels uit waspapier en druk dit in die nekke van die flesse sodat die tamaties onder die vloeistof bly. seël dit goed. sit dit vir twee dae in die yskas voor jy dit gebruik. Die tamaties sal vir tot 'n maand in die yskas hou. Laat dit vir 'n uur teen kamertemperatuur staan voor jy dit voorsit
Om Mexikaans-, Marokkaans- of Indies-gegeurde tamaties te maak, sprinkel die regte vryfmengsel oor die tamaties pleks van die kruie en knoffel. Pak dit dan in die flesse. Vir pikante tamaties, voeg 10 tot 15 ml fyngedrukte droë rissies by die knoffel en laat die kruie weg 19/1/11 IDEES” Helena Kruger
*.


 




GEDROOGTE TAMATIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
IN DIE SON GEDROOG

Om tamaties buite te droog, duur ‘n paar dae. Beskerm teen stof, voels, vliee en muggies en onthou om dit snags in die huis in te bring. Skil stywe, ryp tamaties en sny die stingelogies uit. Halveer die tamaties of sny dit in dikkerige skywe. Pak in ‘n enkel laag oop op bakplate wat dik met plastiek uitgevoer en gesmeer is. Droog die tamaties in die son totdat geen vogtigheid meer uit gedruk kan word nie, die kleur verdonker het en dit effens gekarameliseer lyk. Draai die tamaties af en toe tydens droging om.
GEBRUIKE:
Week songedroogte tamaties 5min lank in kookwater. Dreineer en druk dit met handdoekpapier droog. Pak dit laag op laag in ‘n fles, steek hier en daar ‘n lourierblaar in en vuldie fles met olyfolie, die olie moet die tamaties met minstens 1cm bedek. Bewaar dit op ‘n koel, donker plek. Begin dit na 2 weke gebruik.*Lekker vir later*


DROGING IN DIE OOND
Halveer ferm ryp tamaties oorlangs en krap al die pitjies uit. Plaas die halwes op gesmeerde bakplate met gesnyde kante na bo. Bedruip dit met bietjie sonneblom- of olyf olie en geur die liggies met sout en peper. Strooi ook ‘n bietjie strooisuiker oor. Droog die tamaties ‘n halfuur lank by 100°C uit en daarna by 70°C totdat dit droog en verkrimp lyk, maar steeds sag is, draai die tamaties af en toe om en druk dit met ‘n spaan plat wanneer die droogproses einde se kant toe staan. Laat die tamaties afkoel. Besprinkel met bietjie wit asyn en druk dat daarna droog met papierhanddoek voordat jy dit verpak.
GEBRUIKE:
Pak gedroogte tamaties in ‘n fles, voeg geskilde knoffel, ‘n paar peperkorrels en vars kruie soos roosmaryntakkies en lourierblare by en vul die houer tot 2cm bo-kant die tamaties met olyf- of sonneblomolie. Bewaar op ‘n koel, donker plek.*Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*. .


OOND GEDROOGDE TAMATIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Heerlik is in slaaie en op ‘n tapasbord met kaas, olywe en vars brood!
(Maak 2 x 250 ml bottels)

groot handvol roosmaryntakkies
 8 tamaties, in die lengte middeldeur gesnyolyfolie, growwe sout, varsgemaalde swartpeper, na smaak 8 huisies knoffel, geskil en gehalveer 400 ml olyfolie (ongeveer) Plaas die tiemie en roosmaryn op ‘n bakplaat. Pak die tamaties, gesnyde kant na bo, bo-op die kruie. Sprinkel met olyfolie, sout, peper en knoffel. Droog by 60°C vir ongeveer 6 ure, tot leeragtig. Plaas die sagte gedroogde tamaties in ‘n gesteriliseerde houer en giet genoeg olyfolie daaroor om heeltemal te bedek. Dit sal 3 tot 6 maande in die yskas hou.
 
Bron: Pasella Resepte *30/4/13*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Songedroogde tamaties

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-blatjang-en-souse.html
Halveer tamaties wat lekker ryp is.
Sit oopkant na bo in oond.
Strooi sout en suiker oor.
Droog soos met beskuit.
Dit moet nog elasties wees.
Bedek met olyfolie in bottels.
Sit lourierblaar,
´n paar peperkorrels en takkie roosmaryn in bottels.
Helena.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

No comments:

Post a Comment