Tuesday 22 January 2013

DRUIWE KONFYT




OM DRUIWEPITTE TE LAAT OPKOM AS JY KONFYT KOOK en ook wenke vir geur
Sit 15ml asyn vir elke 500g druiwe, maar volgens my resep moet jy dit bygooi terwyl die konfyt kook, dan kom die pitte boontoe. Wanneer die konfyt klaar gekook het, kan jy die pot in 'n bak koue water plaas, dan kom die pitte ook op na 'paar minute op. 
Nog 'n paar wenke, gooi 3-4 vye blare by dit maak die geur baie baie lekker, en jy kan ook bietjie anys bysit vir 'n lekker geur

DRUIWE KONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/appel-druiwe-konfyt.html

Weeg die druiwekorrels af, vir elke 1kg druiwe…750g suiker.
Plaas druiwe in lae met suiker in kastrol.
Verhit die volgende oggend baie stadig totdat al die suiker opgelos is.
Voeg die sap van 1 suurlemoen vir elke 1kg druiwe by.
Kook die konfyt oor matig hitte en skud jou kastrol sodat die pitte kan opstyg na bo skep die pitte af.
Die konfyt is reg as jy n bietjie stroop in n yskoue piering gooi en dit vorm rimpels as jy dit met jou vinger stoot.
Bottel konfyt warm en verseel
Mikrogolf:
1kg Druiwekorrels
75ml Water
50ml Suurlemoensap
Bedek die bak en mikrogolf dit 10-12min .op 100% krag
Voeg nou 750g suiker by en roer tot die suiker opgelos is
Mikrogolf nou 20-25min “onbedek” op 100% krag tot die regte dikte
Laat die kofyt 5min afkoel bottel en verseel!!!!(Helena Kruger)

APPEL & DRUIWE KONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/appel-druiwe-konfyt.html
2L suiwer druiwesap
2kg appels geskil, ontkern en in kwarte gesny
800g (4x250ml) suiker
Metode:
In 'n kastrol meng die druiwesap en appel kwarte, prut dit liggies omtrent 20 minute, skep appels uit met 'n gleuflepel, hou eenkant, voeg suiker by sap in kastrol kook oor medium hitte (skep skuim gereeld af) tot ...sous afgekook het in 'n dik stroop, skep appels terug in kastrol roer tot appels 'n pulp is en konfyt dik is sowat 25 minute. Bottel en seel. Maak omtrent 4 bottels*Sandra Visagie*.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



DRUIWEKONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/appel-druiwe-konfyt.html

Druiwe - Pitloos, en 3/4 hoeveelheid suiker, 'n lekkkkkker skoot suurlemoensap en dan 'n knippie sout! Kook tot jy 'n leppeltjie In 'n koue Bakkie sit en dis stroperig is! Bottel... Ek kook dit elke jaar! En dis baiiiiiieeee lekker! *Christabel Garisch*.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment