Tuesday 22 January 2013

TURKSVY KONFYTE

TRUKSVY-FYNKONFYT
Skil 1kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625ml water by, verhit dit tot kookpunt en kook dit 'n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg 375g wit suiker, die sap van 'n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en 'n knippie sout by die warm turksvymoes.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg. Skuim die konfyt af, indien nodig. Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.*Helena*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


TURKSVYBLADKONFYT
Dit word gekook van die groot, dik turksvyblaaie waaraan daar nog nie vrugte is nie.  Skil elke blad dun af – die vleis moet mooi heel bly – en sny die harde “stam”uit  Pruk die hele blad. Weeg die blad en spoel dit skoon af onder lopende koue water.  Sny dit in 2cm-blokkies op.
Maak ‘n oplossing van 15ml gebluste kalk per 125liter water.   Laat staan tot die vloeistof  helder is. Giet die helder vloeistof af en gooi die afsaksel weg.  Laat die blokkies oornag in die oplossing le en sit ‘n gewig bo-op sodat die blokkies met die vloeistof bedek is. Spoel die blokkies die volgende oggend onder lopende koue water af en laat dit minstens ‘n uur in vars koue water le.  Dreineer die blokkies, bedek dit met vars water en kook dit so sag dat ‘n vuurhoutjie maklik daardeur gaan.  Dreineer die blokkies goed.
Kook die stroop soos volg:
Vir elke 500g turksyblad is nodig 1 liter water, 500g wit suiker, 15ml suurlemoensap en ‘n paar knoetse gedroogte gemmerwortel wat gekneus en in ‘n stukkie kaasdoek toegebind is  Verhit die mengsel tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Plaas die blokkies bietjiegewys in die stroop en kook dit matig vinnig sonder ‘n deksel totdat dit helder deurgekonfyt en die stroop dik is. (Die stroop moet ‘n swaar druppel van die lepel af val as dit getoets word)  Skep die blokkies in skoon voorbereide inmaakflesse, bedek met die stroop. Voeg indien nodig ekstra stroop by wanneer afgekoel het, en verseël die flesse.  *Lekker vir later* 

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment