Tuesday 22 January 2013

VYEKONFYT


RYP-VYE KONFYT
Vir ryp-vye konfyt moet die vye ryp maar ferm wees. Wanneer dit klaar geskil is, moet dit ‘n tydjie lank in die son staan om die nerf hard te maak. Prik die vye goed met ‘n stopnaald.
VIR DIE STROOP
375g suiker vir elke 500g vye
125ml water vir elke 250g suiker.
 Metode:
Kook ‘n stroop van die suiker en water totdat die suiker opgelos is. Kook die vye in die stroop, tot sag maar nie pap nie. Voeg 3 teelepels suurlemoensap, ‘n paar naeltjies en ‘n stukkie gekneusde gemmer by vir geur. Wanner vye gereed is, verwyder die kruie en bottel warm. *Rapport kos*

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vye-konfyte.html

  HEEL VYE KONFYT
Skil die pas ryp stywe vye dun af. Plaas die vye ‘n uur lank in die son vir die nerf om hard te word. Weeg die hoeveelheid vye af en prik dit. Maak ‘n oplossong van 25ml gebluste kalk of 45ml koeksoda per 5liter water. Meng dit goed en gooi die helder vleistof af wanneer ‘n afsaksel gevorm het. Laat die vye 2-3 ure lank in die helder vloeistof week. Haal die vye uit, spoel af en dreineer goed. Gerbuik 1kg witsuiker. 1 liter water en 20ml suurlemoensap per 1kg vye. Verhit dit stafdig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Plaas die vye bietjie-bietjie in die kokede stroop en kook dit matig vinnig totdat die vye helder en deurskynend en die stroop dik is; Skuim die konfyt af, indien nodig. Skep die vye in voorbereide inmaak flesse en vul dit met die stroop. Verseël die flesse dadelik.
WENK: Voeg 6 jong vye blare by elke 1kg vye, dit gee heerlike vyesmaak aan die konfyt. Haal die blare uit en gooi weg voor gebottel word. *Lekker vir later*

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vye-konfyte.html

  FYN VYE KONFYT
2.5kg vye
3 knoetse gedroogde gemmerwortel
2.5kg suiker
1 liter water
500ml druiweasyn
 Metode:
Sny die vye in stukkies. Kneus die gemmer en bind dit in ‘n sakkie van kaasdoek toe. Verhit die suiker, water en asyn tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Kook dit 10min. Voeg die vye en gemmersakkie by die stroop en prut die mengsel ongeveer 4 uur lank totdat dit dik is. Verwyder die gemmersakkie en gooi weg. Skuim die konfyt af, indien nodig. Laat ‘n paar minute afkoel, roer die konfyt goed deur, bottel warm en verseël dadelik. *Lekker vir later*

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vye-konfyte.html

 VY-EN-LEMOENKONSERF
1kg vye
1 lemoen
750g wit suiker
50ml suurlemoensap
250g pitlose rosyne
75g geblansjeerde amandels
 Metode:
Skil die vye en sny dit fyn. Sny die lemoen met skil en al in skyfies op en verwyder die pitte. Bedek die lemoenskyfies met kookwater rn kok dit tot amper sag. Voeg die vye by en kook die mengsel tot sag. Voeg die suiker en suurlemoensap by, verhit dit stadig tot kookpunt en roer totdat die suiker opgelos is. Kook die mengsel taamlik vinnig tot helder en dik, roer dit af en toe en roer die rosyne en amandels teen die einde by. Skuim die konserf indien nodig. Laat ‘n paar minute afkoel, roer goed en bottel warm en verseël dadelik. *Lekker vir later*

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vye-konfyte.html

 VY-EN-APPELKONSERF
1kg vye
500g suurappels
875g wit suiker
125ml suurlemoensap
250g pitlose rosyne
50g gekapte pekanneute
 Metode:
Sny die vye met skil en al in stukkies op en sit dit eenkant. Skeil die appels en sny in kwarte. Sny die klokhuisies uit en sny die kwarte in skyfies. Bind die skille en klokhuisies in ‘n sakkie van kaasdoek toe. Voeg net genoeg water by die appelskyfes om dit te bedek. Voeg die skilsakkie by en kook die appelskyfies tot sag. Verwyder die sakkie en gooi weg. Voeg die vye, suiker, suurlemoensap en rosyne by die appelpulp. Verhit die mengsel stadig en roer totdat die suiker opgelos is. Kook dit ongeveer ‘n uur lank oor matige hitte tot dik en helder. Skuim af indien nodig. Roer die neute by, bottel warm en verseël dadelik. *Lekker vir later*

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vye-konfyte.html

  INGEMAAKTE VYE
Ryp, geurigeAdams-, bruin of wit vye wat nog ferm is, maar waarvan die skil maklik aftrek, is geskik vir inmaak. Adamsvye sal die stroop ‘n mooi ligrooi of pers verkleur. Skil die vye dun af en sit in die son sodat die nerf effens droog word. Kook ‘n matige stroop van 200g wit suiker per 500ml water, of ‘n dun stroop van 200g witsuiker per 750ml water. Pak die vye heel of in skywe in warm inmaak

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vye-konfyte.html

OM DRUIWEPITTE TE LAAT OPKOM AS JY KONFYT KOOK
en ook wenke vir geur
Sit 15ml asyn vir elke 500g druiwe, maar volgens my resep moet jy dit bygooi terwyl die konfyt kook, dan kom die pitte boontoe. Wanneer die konfyt klaar gekook kan jy die pot in 'n bak koue water plaas, dan kom die pitte ook op na 'paar munite. 

Nog 'n paar wenke, 
gooi 3-4 vye blare by dit maak die geur baie baie lekker, en jy kan ook bietjie anys bysit vir 'n lekker geurk flesse en vul die flesse met die kokende stroop. Verseël die flesse en draai die skroefringe weer ‘n halwe draai los. Plaas die flese op ‘n vals boom in ‘n waterbad en steriliseer dit 20min lank by 100°C. Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas. Laat afkoel. *Lekker vir later*
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/vye-konfyte.html

No comments:

Post a Comment