Tuesday 22 January 2013

GEMMER EN APPELKONFYT

                                              Foto> spectacularlydelicious.
GEMMER EN APPELKONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/gemmer-appelkonfyt.html

2kg appels (Granny Smith of Pink Lady of Royal Gala)
3cm vars gemmerwortel, geskil en gekneus
2 kardemompeule
2 anyssterre
2 kaneelstokke
Skil van 2 suurlemoene
625ml water
6 kp witsuiker verhit
125ml vars suurlemoensap
 Metode:
Skil en ontstronk die appels en sny dit in kwarte. Behou die skille en stronke, plaas dit saam met die gemmer, kardemom, anys, kaneel en suurlemoenskil in ‘n moeseliendoek en bind dit styf toe met ‘n toutjie. Bring die water tot kookpunt, voeg die appelstukke en moeseliensakkie by, verlaag die hitte en laat prut vir 30min tot die appels sag is. Druk enige vloeistof in die moeseliensakkie in die pot uit en gooi die sakkie weg. Voeg die suiker by en roer aanhoudend oor ‘n lae hitte tot die suiker opgelos is. Roer die suurlemoensap by en bring die konfyt tot kookpunt Laat prut 20min of tot die konfyt nie meer waterig is nie. Skep die skuim af indien nodig. Verwyder van die hitte af en laat rus 10min. Skep in warm voorbereide flesse en verseël .
WENK: Verhit die suiker sowat 10min in die mikrogolf oond voordat dit bygevoeg word, dan los dit vinnger op. Bedien saam met lekker sout of kaastertjies. *Huisgenoot
.*

No comments:

Post a Comment