Tuesday 22 January 2013

FRAMBOOS KONFYT

FRAMBOOS KONFYT
Gebruik droë bessies wat amper ryp is, want dan is die pektieninhoud goed. Die geheim is om die konfyt nie te lank te kook nie sodat die geur en mooi kleur behou bly. Dis die ideale konfyt om op rolkoek of suikerbrood te smeer. Weeg gelyke hoeveelhede frambose en wit suiker of strooisuiker af. Verhit die suiker in ‘n koel oond tot lou. Plaas die frambose in ‘n dikboomkastrol en kneus dit met ‘n houtlepel of aartappelfynmaker terwyl dit stadig verhit word totdat die sap begin borrel. Haal die kastrol van die stoof af en roer die suiker bietjie-bietjie by. Plaas die kastrol terug op die stoof wanneer al die suiker opgelos het. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit daarna 5-7min lank vinnig totdat dit jel as ‘n klein bietjie op ‘n piering getoets word. Roer die konfyt gereeld en skuim dit af indien nodig. Laat die konfyt ‘n paar minute lank afkoel. Roer dit voordat dit gebottel en verseël word. *Lekker vir later* .*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment