Tuesday 22 January 2013

MAKATAAN KONFYTE




MAKATAAN KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/makataan-konfyte.html

Hierdie konfyt is ook in die volksmond onder 'n ander naam bekend. Maar die landswette verbied my om die konfyt op hulle regte naam te noem.)
Bestanddele
500 g Wartlemoen
750 g Suiker
 Metode:
Vir elke 500 g Wartlemoen gebruik u 750 g suiker. Sny die wartlemoen in klein stukkies. Gooi suiker daaroor. Laat oornag staan. Nou kan u 'n bietjie wynsteensuur, gemmer en kaneel oor. Kook en roer tot die stroop dik word. bottel*
Ade Le
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*





                                                           Foto>*in en om die huis*

MAKATAAN KONFYT  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/makataan-konfyte.html
1. Sny een groot makataan in skywe van 5 cm en verwyder die groen skil en die binneste sagte gedeelte met die pitte.
2. Prik dan die heel waatlemoenskywe met ’n vurk (as jy nou nie Pa se makataanprikker het nie) en sny dit daarna in stukke.
3. Plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir twee dae. Roer gereeld terwyl die stukke daarin week.
4. Spoel ná twee dae die stukke deeglik af en week vir 2 uur in skoon water voordat jy dit begin kook.
5. Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en gooi ’n bietjie sout by.
6. Plaas die stukke een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die stukke pap. Kook tot die stukke helder is en jy maklik ’n tandestokkie in hulle kan steek.
Stroop
1. Weeg die vrugte en vir elke 1 kg waatlemoenstukke gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is.
2. Verhit die water en gooi die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is. Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie.
3. Gooi 25 ml suurlemoensap en 4 stukke gedroogde gemmer by die stroop en kook 10 minute lank.
4. Plaas die waatlemoenstukke geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik en die stukke deurskynend word.
5. Pak die konfytstukke in skoon flesse, gooi die warm stroop oor en verseël dadelik.
Afgesien van die vrugtekoeke waarin ek van dié lekkernye gebruik, is dit ook ongelooflik lekker as jy hulle in klapper rol en net so eet as ’n soetigheid. Die meer moderne manier om dit te eet, is om ’n soutkoekie te vat, dun snytjies makataanstukke daarop te sit met ’n flentertjie bloukaas bo-op en ’n gerookte mossel om dit mee af te rond. Die kombinasie klink dalk vreemd, maar probeer dit gerus. Dit is lékker! En iets wat jy vinnig kan maak as jy onverwags gaste kry*

Ade Le*.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
 
MAKATAAN KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/makataan-konfyte.html
3 kg makataan geskil en in klein blokkies gesny
2 kg suiker
vir elke 9 kg makataan 1 groot pynappel
 Metode:
Gooi suiker oor die makataan en laat smelt stadig. Skil die pynappel en rasper grof, gooi by die makataanmengsel. Laat kook vinnig tot die stroop redelik dik is (omtrent 1 uur) Bottel
Karien Coetzee.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


 



MAKATAAN SUUTJIESMy makataan-suurtjies. Vir my lyk en proe dit soos chutney. Die resep se dit moet n mnd staan om ryp te word. Dis n eerste vir my maar ek glo dit sal heerlik wees as die tyd ryp is. Ek is nou eers bietjie moeg vir die bewerk van makatane. Maar moet se die konfyt is uit die boonste gestoeltes.

MAKATAAN SUURTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/makataan-konfyte.html
(kerrie makataanatjar).
Sny jou makatan in skywe en skul die buiteskil dun af.
Sny die sagte binnedeel met pitte ook uit sny nou daardie deel op in kleinblokkies tot jy 2kg het
Gebruik 12,5ml gebluste kalk vir elke 1lt water.
Laat dit
n rukkie staan en gooi die skoon helder vloeistof af en week die blokkies vir die nag daarin.
Gooi die wit afsaksel weg.
Dreineer die blokkies die volgende dag en spoel onder skoon lopende water af.
Kook soos volg.
15ml heel kruienaeltjies.
10ml wonderpeperkorrels.
1 knoets gemmerwortel.
10ml koljanderkorrels.
1,25lt water.
1kg wit suiker.
750ml wit Asyn.
15ml sout.
30ml kerriepoeier.
30ml mielieblom.
5ml borrie.
2ml mosterdpoeier.
METODE
Bind kruinaeltjies wonderpeper gemmer en koljander in n stukkies kaasdoek toe.
Voeg sakkie in water saam met suiker.
Roer tot suiker gesmelt het en kook dan saam met die blokkis tot stroop dikkerig is.
Voeg asyn en sout by en laat goed deur kook.
Haal spesery sakkie uit en gooi dit weg.
Vermeng die kerrie mielieblom borrie en mosterd met n bietjie ekstra asyn tot n pasta roer dit by blokkiemengsel en kook goed deur.
Laat dit n maand staan om ryp te word voor gebruik.
**
Carlien Weyers Vosloo** 12/07/2016

1 comment: