Tuesday 22 January 2013

SUURLEMOENMARMELADE



SUURLEMOEN MARMELADE

Weeg 12 pas ryp suurlemoene se gewig in wit suiker af.
Halveer die suurlemoene, druk die sap uit en sit eenkant.
Week die pitte in 250ml koue water.
Bedek die suurlemoendoppe met koue water, verhit dit tot kookpunt en kook dit totdat dit sag is sodat daar ‘n vuurhoutjie maklik deur gesteek kan word.
Dreineer die doppe, verwyder die albedo en gooi dit weg.
Sny die doppe in kort, smal strokies.
Verhit die suiker, suurlemoensap en die water waarin die pitte geweek het stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit tot effens stroperig.
Voeg die repies skil by die stroop en kook dit taamlik vinnig tot die regte dikte, roer die mengsel af en toe. Wanneer ‘n klein bietjie van die stroop jel op ‘n koue piering getoets word, en dit rimpels stoot met die vinger is dit gereed om gebottel te word.
Skuim die marmalade af indien nodig en laat ‘n rukkie afkoel.
Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel. “Lekker vir later” Kosmater  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/suurlemoenmarmelade.html

No comments:

Post a Comment