Tuesday 22 January 2013

GRENADELLAFYN KONFYT

GRENADELLA KONFYT
Meet 125ml water en 7ml suurlemoensap af vir elke grenadella waarvan daar konfyt gekook gaan word. (Die hoeveelheid water en suurlemoensap is vir groot grenadellas, gebruik bietjie minder as die grenadellas klein is.)
Halveer die grenadellas en skep die vleis ui.
Plaas die doppe in ‘n groot kastrol en voeg die water en suurlemoensap by.
Sit die deksel op en kook die doppe oor matige hitte todat die binneskil donkerrooi en sag genoeg is om maklik met ‘n teelepel uitgekrap te kan word.
Giet die vloeistof af en hou dit eenkant.
Krap die binneskil uit en kap dit fyn op indien nodig.
Gooi die doppe weg.
Meet die hoeveelheid binneskil af.
Meet vir elke 250ml binneskil 150g tot 200g wit suiker af en voeg die behoue vloeistof by, gebruik ‘n kastrol waarin die binneskil, suiker en vloeistof sleg 5cm diep le.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin deurtentyd totdat die suiker opgelos is.
Kook dit ongeveer 40min taamlik vinnig sonder ‘n deksel en sonder om dit te roer totdat dit begin verdik. (Toets deur op ‘n koue piering te skep en vinnig te verkoel)
Roer die grenadellavleis by die kokende konfyt en laat dit 10min lank staan. Bottel die konfyt warm en verseël dit wanneer koud. *Lekker vir later*
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment