Friday, 25 January 2013

HADDOCK RECIPES





GAARMAAK VAN HADDOCK VIS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/haddock-sole.html
[SKELVIS]

 
Bedek fillets (in 'n pan) met melk (net-net) en kook saggies tot vis vlok.... Haal vis uit en gooi so eetlepel margarine in melk met knippie sout, bring tot kookpunt, maak sowat 2 eetlepels koekmeel aan met melk en gooi in "vis" melk, roer aanhoudend terwyl sag prut, tot dit dik word. Haal van stoof af en gooi 'n bietjie gerasperde chedder kaas en meng goed. Bedien met vis en skywe tamatie. HEERLIK! PS : As jou melk weggekook het met die vis, gooi nog melk in en bring tot kookpunt voor jy margarine insit.... sowat 'n halwe pan melk...*
Dot Gerhold




HADDOCK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/haddock-sole.html
1 ½ eetl Olie
1 ½ eetl Suurlemoensap
1 eetl Sagte Bruinsuiker
¼ tlp Chillie Poeier
½ tlp Worcester
1 tlp Tamatie Puree

Bedek met hierdie sousie en grill dan:*Dalene Brits*


SKELVISPASTA MET KAAS
400g skelvis ontvries,
30ml mielieblom,
 1 bossie spinasie,
 250ml gerasperde kaas en
 300g spaghetti of linguine –
 Verhit melk en voeg skelvis by, kook 10min, verwyder vis uit melk & meng mielieblom met bietjie melk of water en voeg by warm melkmengsel. roer stadig tot begin verdik, voeg nou spinasie by en die helfte vd kaas, geur na smaak met sout en swartpeper. Vlok vis en roer by die sous. Sit dit voor op gaar pasta en strooi res v kaas oor.Dit is 'n ware randtrekker en kom mens ver hiermee. Dit is voorwaar 'n treffer*
Eirene Swanepoel
 *Kos-idees 2009 *-




Haddock Chowder

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/haddock-sole.html

(INA PAARMAN)
Serves 4
This thick and substantial fish soup is the perfect meal in one if served with crusty bread and a salad to follow. Fresh or frozen haddock is one of the most underrated and economical fish choices available to us.
2 T (30 ml) butter
1 onion, finely chopped
1 t (5 ml) Ina Paarman's Garlic & Herb Seasoning
3 cups (750 ml) water
2 x 25 g sachets Ina Paarman's Liquid Fish Stock
350-400 g smoked haddock
3 medium potatoes, peeled and diced
2 T (30 ml) Ina Paarman's White Sauce Powder
1 cup (250 ml) full cream milk
¼ cup (60 ml) chopped parsley
freshly ground black pepper
Melt the butter in a medium large saucepan. Add the onion and Seasoning. Soften the onion, but do not brown, sauté for 3-5 minutes. Add water and Liquid Fish Stock. Bring to a slow simmer. Add the haddock and immediately remove the pot from the heat. Cover with a lid and leave to stand for 5-6 minutes to firm the fish. Using an egg lifter or spatula, gently lift the fish out of the stock. Place on a plate and cover to keep in the heat.
Add the potato blocks to the stock and boil for ± 20 minutes until the potatoes are soft and beginning to break apart.Mix a little of the measured milk with the White Sauce Powder and then add it, together with the rest of the milk to the chowder. Return to simmer.
Skin and flake the fish into large pieces and return to the pot together with any juices. Taste for seasoning, add chopped parsley and a grinding of black pepper.
NOTA: Hi julle, hier is die resep wat ek gebruik het. Ek het nie die witsouspoeier gebruik nie, ek het dit met meel verdik en prawns en mossels bygevoeg, verder het ek die resep gevolg.*
Louise Groenewald



SKELVIS MORNAY

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/haddock-sole.html
(Smulpaap - TygerBurger
1 Kg vars of bevrore skelvis
250 ml Melk
1 Lourierblaar
30g Botter
1 Groot Ui, gekap
Kaassous:
75g Botter
80g Meel
160g Cheddarkaas (beleë kaas is ideaal)
5ml Aromat
Vars gemaalde Swartpeper
Knippie Rooipeper
Knippie droë Mosterdpoeier
80g Cheddarkaas
2 Eetlepels gerasperde Parmesaankaas
2 Eetlepels Broodkrummels
Plaas vis in ‘n kastrol en bedek met die melk, voeg die lourierblaar by. Bring tot kookpunt en verwyder van hitte. Laat staan vir 15 minute, verwyder vis en vlok liggies, nie te fyn nie. Gooi die melk in ‘n maatbeker en vul dit aan met melk tot 450ml. Braai intussen die gekapte ui liggies tot gaar, maar nie bruin nie. Maak die kaassous deur die botter te smelt en die meel by te voeg. Roer met ‘n draadklitser terwyl die melk bygevoeg word asook die geurmiddels. Verhoog hitte, bring tot kookpunt, verwyder van hitte as sous begin verdik. Roer die Cheddarkaas by die sous. Plaas die gevlokte vis asook die uie in ‘n oondvaste glas bak en gooi die kaassous bo-oor. Strooi die Cheddar-, Parmesaankaas en broodkrummels bo-oor. Plaas onder ‘n warm oondrooster en rooster tot goudbruin en borrelend. Bedien saam met aartappels in die skil en groen groentes.

*Louise Groenewald

LEKKER VIS DIS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/haddock-sole.html

Ek het verlede week die lekkerste vis gemaak: 8 stukke Haddock uitgepak op 'n oondpan, verkrummel Cheese & Onion Simba chips bo-oor, bedek dit met selfgemaakte witsous en die res van die Simba chips bo-op dan gerasperde cheddar kaas oor als. Bak in die oond vir 1uur. Lip-aflek-lekker!

Richard En Julene


Gerookte skelvis in roomsous

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/haddock-sole.html

Deur Bernice van der Merwe Huisgenoot
Genoeg vir 2 groot porsies of 4 klein porsies
Bestanddele
500 g gerookte skelvis (haddock)
600 ml melk
5 ml sout
50 g botter
200 g sampioene, grof gekap
50 ml meel
2.5 ml mosterdpoeier
Sout en varsgemaalde swartpeper
100 g Cheddarkaas, gerasper
Metode.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Plaas die gerookte skelvis in ‘n kastrol en giet die melk en sout bo-oor.
Bring die melk tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir sowat 10 minute.
Dreineer die vis en hou die verhitte melk en die vis eenkant.
Verhit die botter in ‘n kastrol en braai die sampioene vir sowat 5 minute.
Roer die meel by die sampioene en braai totdat die meel en bottermengsel begin prut.
Giet die verhitte melk by en roer totdat ‘n witsous vorm.
Geur met mosterdpoeier, sout en varsgemaalde swartpeper.
Roer die kaas deur die sous en hou eenkant.
Skep die opgekookte vis in ‘n gesmeerde oondbak en giet die sous bo-oor.
Bak vir sowat 10 – 15 minute of tot goudbruin.
Sit voor saam met groenslaai. 18/2/12
 






KERRIE HADDOCK:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/haddock-sole.html

1 pakkie gerookte haddock
1 groot ui
2 knoffelhuisies fyngemaak / 1 teelepel knoffel poeier or crushed garlic
1 ½ koppies melk
Kerriepoeier na smaak (ek gebruik 2 eetlepels mild Rajah kerrie en 1 eetlepel hot Rajah)
Sout en peper na smaak
METODE:
Sit melk in pan / pot en voeg ui en knoffel daarby. Kook tot sag en voeg res van die bestanddele by. Die vis sal in stukkie opbreek wanneer jy dit deur roer. Kook totdat jou sous lekker dik word. Bedien op mash.
*
Yvonne Buttercup Bowdidge*n.s> Vanaand eet ons een van my oorlede ouma se disse. Dis heerlik, een van daardie "I want more!" disse. Ek hoop julle geniet dit!

 




MORNAY SAUCE 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/haddock-sole.html

30ml butter
30ml flour
125ml chicken stock
125ml heavy cream
1ml salt
1ml pepper
60ml grated parmesan cheese
In a sausepan, melt the butter, add the flour and make a paste. Add the chicken stock, cream and seasoning. Simmer while stirring until thickened. add cheese and simmer 2 min.
 





Peri Peri Haddock

50g Philadelphia Light
½ red pepper
quarter red chilli. deseeded and finely chopped
2 tbsp red wine vinegar
Pre heat oven to 190oc, gas mark 5
Place haddock in an oven proof dish
Mix the philly, red pepper and chilli together and spread over the top of the fish.
Spoon the vinegar around the fish and cover the dish with foil.
Cook the fish for 10 minutes, remove the foil and cook for another 10 minutes unitl the fish is cooked through.
Serve with new baby potatoes,broccoli and green beans. by linzandsteve*Mydish*

No comments:

Post a Comment