Monday 28 January 2013

KERRIE GROENTE GEREGTE




                                                                        Foto> Google

Helena Kruger
EIERVRUG BY HOENDERKERRIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriegroente-geregte.html
2 Middelslag eiervrugte
2 Uie
1 Groen Soetrissie fyn gekap
sout na smaak
suiker na smaak
sap van 1 suurlemoen
1 Suurlemoen in baie dun skyfies gesny
Draai eiervrugte aparte elkeen toe met foelie en bak dit tot sag by 180*C
Rasper een van die uie.
Krap al die vleis uit die eiervrugte en meng met die ui.
Meng die fyn gekapte soetrissie met die eiervrugmengsel en geur met sout en suiker.
Voeg suurlemoensap by tot dit n skerpsuur smaak het
Verkoel en garneer met die skyfies suurlemoen en die ander ui ook baie dun gesny!!Baie Lekker saam met Hoenderkerrie!!Helena 18/1/11


Heleen Albrecht
SUIKERBOON KERRIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriegroente-geregte.html
Kook 1 pakkie suiker bone tot gaar - Braise 2 gekapte uie in olie, voeg 1-2 teel knoffel by en ek gebruik sommer die breyani mix se kruie- braise dit saam -dan gooi ek my kerrie poeier by maar nie teel nie 2 groot houtlepels - voeg by 4-6 gekapte tamaties of sommer 2 blikkies tamatiesmoor- 1 tot 2 kg vleis (waarvoor jy lus is,maar ek hou van my skaapvleis)ek sout en peper en braaivleis spes dit voor ek dit bygooi -roer dit mooi deur-voeg dan jou suikerbone by(water afgegooi)As dit mooi deurgeroer is - sit ek dit in die oond- haal maar so af en toe uit om te roer en as vleis sag is gooi en so 3-4 aartappels by-sit weer terug tot aartappels sag is-gooi water by as jy dink dit sal brand maar daar is gewoonlik genoeg vogtigheid van die tamaties in-o ja ek gebruik my swartboompot-ek sit dit in die oond want dan brand dit nie maklik aan nie - Luihuisvrou resep -wil nie hele dag in die kombuis staan nie.....hoop julle maak uit...as julle wil kan jy danja bo op sit -my man hou nie daarvan nie so ek los dit gewoonlik uit - gewoonlik nog lekkerder die volgende dag......ENJOY!!!!!!



Erica Herbst Louw
Ek deel graag hierdie ongelooflik kerrie resep met almal. Aanvanklik lyk dit of die sous te veel is maar na die baktyd is dit 'n perfekte dis:
Maklike Vegetariese Kerrie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriegroente-geregte.html
vir “Meatless Monday”
2 blikke kekerertjies, gedreineer
2 blikke lensies, gedreineer
8-10 rou baba aartappels
3 – 5 wortels, geskil en in stukkies gesny
2 uie, opgekap
2 blikke Indiese tamaties
½ teelepel borrie
1 blik klappermelk
sout en peper
Plaas al die rou groente onder in ‘n kastrol.
Meng die res van die bestandele, gooi bo-oor die rou groente en bring tot kookpunt.
Plaas kastrol/bak in oond en bak teen 180 grade vir uur en 'n half.
Bedien met basmati rys en vars koljander.



PAMPOEN-KERRIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriegroente-geregte.html
Karen Ackerman
Ek het 'n paar dae terug 'n heerlike pampoen kerrie gemaak.

Vir diegene wat nie hou van soet pampoen soos wat Ma dit maak nie, probeer gerus die fusion.

Ek het 'n Thai rooi kerrie paste (Penang) warm gemaak met coconut melk, en stukke pampoen, skil en al (darem skoon geskrop...) daarin gekook tot sag.

Julle sal maar moet skat op die hoeveelheid pampoen tot kerrie en coconut melk want als wissel na gelang van smaak.
Hemels!As julle dit in SA kan kry, probeer gerus!*17/12/12

No comments:

Post a Comment