Monday 28 January 2013

KERRIEMAALVLEIS GEREGTE


BUNNY CHOW >
Frans Odendaal


Therese Van Den Berg
BUNNY CHOW
Pick 'n Pay se resep:
To serve
1 half onion, thinly sliced
2 medium tomatoes, seeded and diced
30 ml PnP lemon juice
1 loaf white bread, quartered
1 tub PnP plain yoghurt, low-fat
1 bunch coriander, to serve
Main Ingredients
1 medium onion, diced
3 cloves garlic, chopped
3 centimetres knob fresh ginger, chopped
1 medium chilli, chopped (optional)
1 star anise
1 cinnamon stick
4 cardamom pods
500 grams lamb mince
3 tbsp curry paste
1 tbsp garam masala
8 curry leaves, (16 if dried)
3 tbsp tomato paste
2 tsp PnP sugar
2 cups water
2 medium carrots, peeled and sliced
1 pinch salt and milled pepper
1 can PnP butterbeans, drained
Heat a glug of oil in a large pan and fry onions until soft
Add garlic, ginger, chilli, star anise, cinnamon, cardamom and fry for another minute.
Add mince and fry until well browned
Add remaining ingredients, except butter beans. Simmer for 1.5 hours, adding more water if needed.
Add butter beans and cook for a further 20-30 minutes
Mix onion and tomato with lemon juice. Set aside.
Make a hollow in each quarter chunk of bread by removing some of the soft dough.
Fill each hollow with plenty of curry and top with salsa, yoghurt and fresh coriander* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriemaalvleis-geregte.html






Dalene Brits
Hierdie resep het ons altyd by die Landbouskou en verkopings gebruik:
BASAAR KERRIE EN RYS  
Lewer 50 bakkies
3 kg Rys
(skep 3 lepels per bakkie)
Kookolie
3 kg Uie
3 huisies Knoffel
* Braai tot ligbruin.
* Voeg by uiemengsel en braai weer:
2 eetl Kerrie
2 eetl Borrie
10 tlp Sout
½ tlp Fyn Gemmer
Kerrieblare
Pypkaneelstokkies
Voeg by:
1 kop Asyn
1 eetl Appelkooskonfyt
Voeg 5 kg Maalvleis by en kook goed deur.
Voeg by:
1 kg gaar wortels
3 kg gaar aartappels
en kook weer.**16/5/13* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriemaalvleis-geregte.html




Rene Truter Wessels
Kerriemaalvleis met groente en kaas
• sonneblomolie vir panbraai
• 1 middelslag-ui, fyngekap
• 1 eetlepel kerriepoeier
• 1 eetlepel borrie
• 1 eetlepel masala
• 1 eetlepel paprika
• sout en peper na smaak
• 1 klein blikkie (65 g) tamatiepasta
• 2 wortels, gerasper
• 500 g maalvleis
• 1 blikkie (425 g) gemengde groente
• 1 koppie gerasperde cheddarkaas
Só maak jy
1 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui oor lae hitte tot glansend.
2 Voeg al die speserye, geurmiddels, tamatiepasta en wortels by en braai dit vir sowat 5 minute.
3 Breek nou die maalvleis in klein stukkies in die pan sodat dit eweredig kan verbruin. Braai dit vir so 15 minute.
4 Roer die groente by en verhit dit tot deurwarm. Sit die vulsel eenkant sodat dit effens kan afkoel. Roer die kaas deur.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriemaalvleis-geregte.html


Rene Truter Wessels
Sarie Kos:
Kerrie Maalvleis
Lekker met vetkoek of roosterkoek:
15 ml olyfolie
15 ml botter
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
45 ml kerriepoeier
15 ml borrie
15 ml fyn koljander
15 ml gemengde speserye
500 g volstruismaalvleis
1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
100 ml water
15 ml appelkooskonfyt
sout en varsgemaalde swartpeper* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriemaalvleis-geregte.html


Jeanette van den berg
Kerrie vir kerrie en rys
Benodighede:
5 Uie
25 ml Kerriepoeier
4 tl. Gemmer
2 1/2kg Maalvleis
5 Eetlepels Appelkooskonfyt
1 tl Borrie
4 tl Sout
200 ml Asyn
2 1/2 Eetl Tamatiesous
2 1/2 Eetl Mielie blom (Mezina)
2 Ekstrak blokkies (OXO)
500 ml Kook water
Metode Braai uie, kerriepoeier, gemmer en maalvlais tot goudkleurig. Voeg dan die konfyt, borrie, sout, asyn , tamatiesou, Mielieblom, blokkies OXO en kookwater by. Prut op 'n lae hitte vir 15 min en Geniet!!!! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriemaalvleis-geregte.html



Hesta Huisamen
LEKKER KERRIE MAALVLEISKERRIE
en borrie loop mos ook hand aan hand.
4ekerrie
2eborrie
1e knoffel
2 groot uie
2 e appeikooskonfyt
1e bruinsuiker
1 pakkie beesstertsop
500gr maalvleis
Metode:
Braai uie en knoffel tot lekker sag,gooi als by behalwe.sop.laat prut lekker tot gaar,gooi beesstertsop by,top op met melk terwyl jy roer,tot skepbaar,.
Kook intussen pasta,skep maalvleis op pasta,n lekker mengelslaai,en daar gaan ons* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriemaalvleis-geregte.html

Michael Coetzee
Kerriemaalvleis
1. Ek gebruik nie kerriepoeier nie maar altyd 'n kerriepasta wat ek in die Bo-Kaap laat meng, maar Packo se kerriepasta is 'n goeie alternatief.
2. My kerriepasta en uie ...gaan eerste pot toe onder genoeg hitte, daarna word 'n skeut witasyn bygevoeg. Jy sal sien dat die wêreld nou vol stoom is agv die asyn in die warm pot. Jy kan nou begin om die maalvleis by te voeg en daarna al die ander lekker dinge waarvoor jy lus het.
3. Ek rond altyd my kerriemaalvleis of enige ander kerrie met 'n blikkie coconutmelk af wat hom lekker romerig maak en "sag" op die tong is... Ek het al foto's gelaai, maar sal weet laai as jy na dit wil kyk. Lekker kook! :) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriemaalvleis-geregte.html



Helena Kruger
Kerrie Frikkadelle
500g maalvleis
1 groot ui gekap
5 ml fyn knoffel en vars gemmerpasta
15 ml vars koljanderblare
3 kerrie blare fyn [as jy het]
60 ml fyn broodkrummels
5ml sout 10ml Kerrie en bietjie peper
1 eier
Meng alles saam. Maak balletjies en gooi bietjie olie oor.
Bak in oond of plaat tot gaar.
As jy dit souserig wil he, meng bietjie appelkooskonfyt en n pakkie tomato paste met n 1k water en gooi dit oor en bak dit dan!!! Of in die plek van die water bietjie appelkoossap en water gemeng baie lekker. Helena * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriemaalvleis-geregte.html


Helena Kruger
BOBOTIE
500 gram maalvleis
2 snye brood geweek in ½ koppie melk
¼ pakkie fyn spek
1 ui gekap
Handvol rosyne
1 teelepel kerrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 piesang
1 appel in blokkies gesny
½ pakkie sampioensop - droog
1 koekie vleisaftreksel
2 eiers
1 koppie melk
Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk brood in vleismengsel, gooi die res
van die bestandele by. Roer tot rooi van vleis weg is. Skep in gesmeerde bak. Meng eiers met melk
en gooi bo-oor. Bak ± 30 minute tot bruin. Pieter Moller OFM 20/8/10* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kerriemaalvleis-geregte.html 



Rencia Odendaal Pretorius
REGTE EGTE BASAAR KERRIE EN RYS
2 kg Maalvleis
2 na 3 groot aartappels in blokkies gesny (pre-cook vinnig in die mikrogolf tot amper sag)
2 groot uie (gekap)
½ kop blokkies bevrore wortels
500gr gevriesde gemengde groente (of 1 blikkie kerriegroente en 1 blik gemengde groente (410gr)
1 blokkie beesstert ekstrak (aangemaak soos aanwysings)
1 eetl sout
3 groot opgehoopte eetl bladjang
2 groot opgehoopte eetl appelkooskonfyt
2 eetl Kerrie
1 eetl borrie
1 blik tamatie en uie smoor
1 pakkie beesstert soppoeier
1 blokkie wheetbix om mengsel te verdik
Braai uie, kerrie en borrie tot sag. Voeg appelkooskonfyt , bladjang en maalvleis by en roerbraai tot vleis net af is van pienk
Voeg jou sout, beesstert ekstrak, tamtiesmoor, aartappels en groente by. Laat prut tot alles sag en gaar is.


Maak pakkie beesstertsop aan met bietjie water en voeg by. Laat prut tot dik. Indien nodig, verdik met die blokkie weetbix wat jy inkrummel 

No comments:

Post a Comment