Wednesday, 30 January 2013

KNOFFEL /KRUISEMENT/ PEPERWORTEL SOUS


  


Maré Nieuwoudt
KAPTEIN SE KNOFFELSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
1 blik (300g) geroomde sampioene
250 ml (1k) room
3 knoffelhuisies, fyngedruk
250 ml (1k) cheddarkaas, gerasper
METODE:
Verhit sampioene effens, voeg room by en verhit verder tot kookpunt. Laat prut ongeveer 10 minute lank stadig. Voeg knoffel en kaas by. Verhit tot kaas gesmelt is en sous begin kook. Roer aanhoudend. Kook tot n lekker dik sous. Geniet op steak of hamburgers. Lewer 500 ml sous.*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*


Loretta Pretorius
Mussel Sauce like Ocean Basket

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
1 Kg Romi Margarine
1 L Cream
60g Fish Spice
200g Crushed Garlic
125ml Lemon Juice
20g Flour
1Kg Mussels
Method:
Melt Romi,add cream,Lemon Juice,Fish Spice,Garlic and Flour together and stir regulary. Do not allow the Mussel Sauce to come to a boil as it will over cook. Het dit nog nie self probeer nie!
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Helena Kruger
Lekker "CAPER" Sous by Vis

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
3/4k olyf olie
6 e Capers
1/2k vars gekapte Pietersielie
5 Anchovys [fillets]
1/4k Suurlemoensap
2 knoffelhuisies gekneus en fyngekap
Metode:
Plaas alles in jou voedselverwerker en plons dit lekker fyn
Bedien!!!Lekker[ as jy voel jy wil bietjie meer Capers bygooi maak dit nie saak nie]
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

OONDGEROOSTERDE KNOFFEL 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
Dis die lekkerste ding om 'n
huisie gekaramelliseerde knoffel
uit die skil te druk en weg te lê
aan die subtiele, murgsagte geur.
'n Mens kan ook die knoffel by
die pansappe van geroosterde
lamsvleis roer om 'n geurige sous te
maak, of gooi dit by enige kasserolgereg.
Bestanddele:
knoffelbolle
olyfolie
lourierblaar
vars takkies tiemie
Voorbereidingsmetode:
1.) Voorverhit die oond, sny die knoffelbolle
in die helfte en drup olyfolie bo-oor.
Sit 'n paar tiemietakkies bo-oor of druk
'n lourierblaar in en bak die knoffel
vir sowat 40 minute of tot sag.
2.) Lees die wenke, of bêre die uitgedrukte puree
vir hoogstens twee weke in die yskas.
Onthou om dit met 'n lagie olyfolie te bedek.
Wenke:
Maak 'n heerlike sous deur
30ml knoffelpuree met 15ml olyfolie,
15ml masala en 100ml dik room te meng.
Gooi dit in 'n kastrolletjie, kook oor lae hitte
tot 'n dik sous en geur dit met sout en swartpeper.
'n Mens kan die knoffelpuree ook gewoonweg
geur met sout en swartpeper en klop tot
'n dik botter wat op geroosterde baguettes
of biefstuk gesmeer kan word.
As die geur te sterk is, kan jy dit met 'n
bietjie roomkaas meng vir 'n heerlike smeer.
Egolii 12/9/10 Helena
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*


SOUS BY SLAKKE! 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
Celia Enslin
Ek het resep wat ek al jare maak - vriende van ons het 'n bekende restaurant gehad en dis was haar resep. Ek maak dit so rukkie voor die tyd want hoe langer die staan hoe beter trek die knoffel in:
250ml melk
50ml koekmeel
1eetl botter/margarine
Metode:
Meng deeglik en laat kook in mikro tot dit opkook - roer gereeld.Laat afkoel - baie stywe mengsel
Voeg 1 eetl knoffel vir elke 1 kop melk by mengsel en roer goed deur. (Kan ook pietersielie na smaak bysit) Laat ruk staan. Voor gebruik -- gooi 1 kop room vir elke 1 kop melk by en roer goed deur en laat opwarm oor stadige hitte op stoof of in mikro.
Regtig BAIE lekker. (Ek maak dit baie gereeld vir ons vir slakke - gereeld ook as voorgereg vir Kersdag ete)  Kosmater

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Helena Kruger
SOUS VIR SLAKKE OF MOSSELS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
1 ui gekap
1 bakkie vars sampioene
vars knoffel na smaak
1pakkie paste sous (kaas knoffel en sampioene
1 pakkie (garlic and herb patato bake)
gerasperde cheddar kaas
250 ml. room
250 ml. water
250 ml. melk
peper en aromat
Metode:
Braai uie knoffel en gesnyde sampioene in botter, meng room, melk, water met pakkies souse.
Voeg by sampioene, voeg slakke en kaas by, prut stadig vir 10 min. as sous te dik is, vedun met melk.
Kan ook vir mossels gebruik word.  Kosmater 
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*



KRUISEMENTSOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
Vermeng 200ml appelkooskonfyt,
100g wit suiker en 250ml wit asyn in ‘n diep, mikrogolf bak en mikrogolf vir 4-5min by 100% krag; roer dit deeglik om te verseker dat al die suiker opgelos is. Roer 250ml gekapte vars kruisement by. Laat die mengsel afkoel. Bewaar dit tot 6 maand in die koelkas in n houer wat dig seel. Sit voor saam met lams- of wildsvleis. *Lekker vir later*
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

                                                            >Foto>Helena Kruger
Helena Kruger
HIERDIE IS MY EIE !!!EN DIT IS BAIE LEKKER!!
KRUISEMENT SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
eie resep Helena*
4k fyngekapte Kruisement
1/2k Suurlemoensap
2 Knoffelhuisie gekneus en fyngemaak
2e Heelkorrelmosterd
2e Sterk Mosterd
6e Mayonnaise
½ Pakkie French Salad Dressing[poeier]
1t Tabasco [groen]
2e Heuning
½ Blikkie Kondensmelk
2e Pepper Sous [brand]
Sout en peper[bietjie]
1med Ui fyngekap
Metode:
Meng alles en plaas in jou voedselverwerker.Maak lekker fyn en bedien as n sousie by Lamtjops of Vis self as n slaaisousie met miskien bietjie Yoghurt. Kan ook dien as n dip gemeng met sagte Maaskaas!!!!Baie lekker  Helena 21/9/10 ♥

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

KRUISEMENT SOUS 2 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
3K Kruisement fyngekap
1 med Ui gekap
30ml Suiker
1 Suurlemoen se sap
2e gekapte groen soetrissie
2e gekapte Seldery
4 Groen /rooi Brandrissie
20ml water
Bietjie sout en peper
Metode:
Verwerk alles in jou voedselverwerker en bedien saam met Lamtops of Hoender of meng met yoghurt en gooi oor lekker n Slaai!!!  21/9/10 Helena ♥

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Helena Kruger
KRUISEMENT EN BASIELKRUID KRUIE OLIE 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
1 2/3 koppies vars basielkruidblare
1/3 koppie vars kruisementblare
1 koppie olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode:
Blansjeer die kruie in effens gesoute en kokende water tot hulle heldergroen is. Dreineer en plaas dadelik in yswater. Haal die kruie uit die water en droog af. Plaas in ‘n voedselverwerker met genoeg olie om dit te bedek. Verwerk genoeg tot dit ‘n pasta vorm. Gooi in ‘n glashouer en bedek met 5cm se olie. Meng goed, bedek en stoor in die yskas vir ten minste een dag. Filtreer die olie deur ‘n kaasdoek. Geur met sout en peper en bêre in die yskas.

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

APPEL EN KRUISEMENT BLADJANG 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
2 koppies ligbruin suiker
1 ½ koppie sultanas
10ml droë mosterd
900g tertappels, gekap
½ koppie vars pepermentblare, fyngekap
½ koppie whiskey
2.5ml sout
¼ teelepel fyn naaltjies
Metode:
Die hele proses moet 1 uur neem. Meng al die bestanddele in ‘n vlekvrye staal pot. Verhit sonder die deksel tot kookpunt. Verminder dan die hitte en laat prut vir die oorblywende tyd, met die deksel van die pot op  Helena 25/9/10 ♥

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Helena Kruger
KRUISEMENTSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
Asyn, 1/ 2 koppie
Water, 1/ 4 koppie
Suiker, 1/ 4 koppie
Kruisementblare, 1/ 4 koppie fyngekap
Metode:
Meng eeste drie bestanddele, en verhit tot amper by kookpunt.
Voeg die kruisement by en laat `n uur lank staan.
L.W. Indien die asyn flou is, gebruik net asyn sonder water
A/RESEPTE Helena 26/9/10
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Helena Kruger
APPEL EN KRUISEMENTSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
3 e botter
100g[1k] uie gekap
50g kookappel geskil en in blokkies gesny
25g[1/4k] meelblom
300ml melk
1e gekapte kruisement
1e wit asyn
sout en peper
Metode:
Braai uie in jou botter tot sag vir so 10min [nie bruin nie stadig]
Voeg die appel by en kook 5min.
Roer die meelblom in en die melk geleidelik by, klop goed na elke byvoeging.
Verhit tot kookpunt, roer en verminder jou hitte en kook so 2min.  Roer jou kruisement en asyn in as ook jou sout en peper.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Helena Kruger
Kruisementjellie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
1 k appelsap
200ml witsuiker
2 t pektien
1 k witwyn
1 k kruisementblare
Verhit die appelsap tot kookpunt en prut tot die helfte weggekook het. meng die suiker en die pektien in ‘n mengbak en voeg die warm appelsap by, plaas terug in die kastrol en voeg die witwyn by. Prut 5 minute en voeg die kruisementblare by. Prut nog ‘n 1 minuut en verwerk dan liggies met ‘n stokmenger. Giet jellie deur ‘n moeselienlap of fyn sif. Skep in gesteriliseerde flessies en seël dig.**PASELLA*21/9/12
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*


Helena Kruger
PEPERWORTEL-SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
60ml gerasperde peperwortel
60ml crème fraiche of aangesuurde room
60ml styfgeklopte room
5ml strooisuiker
30ml suurlemoensap of asyn
Sout na smaak
Meng alles saam tot glad en verkoel tot benodig
Dit hou tot 2 dae in jou yskas.*Pikant*22/11/12

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

                                                             >Foto>Helena Kruger
Helena Kruger
ROMERIGE-PEPERWORTELSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
1k Suurroom
¼ k fyn gerasperde peperwortel
1e Dijon Mosterd
1t Surlemoensap
Bietjie sout en peper
Meng alles tot baie glad en plaas in yskas sodat die geure bietjie kan trou[oornag]
Dit hou tot 3weke in jou yskas..*Helena Chilli Kruger 22/11/12
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Helena Kruger
PEPERWORTELATJAR


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html500ml grof gerasperde peperwortel
500ml wit asyn
30ml wit suiker
5ml sout.
Vermeng al die bestandele, bottel en verseel dit. Bewaar die atjar in die koelkas.




                                                     >Foto>Helena Kruger [Plant in my tuin]
HORSERADISH SAUSE 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/knoffel-kruisement-peperwortel-sous.html
Use for hot or cold roast beef. Fresh horseradish
can be very hot, much hotter than the bottled variety,
that it can rather overpower the vinegar, so taste
a tiny shred to see if you need more vinegar.
Keep it at room temperature, until needed,
but it is best made the morning it is to be used.
Horseradish root - 2 tbsp, grated
White wine vinegar - 1 tbsp
Mustard - tsp
Salt - pinch
Sugar - pinch
Double cream - 4 tbsp
Mix all the ingredients together in a bowl.
Helena 12/9/10
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

No comments:

Post a Comment