Wednesday, 30 January 2013

TAMATIE/ RELISH/ SOUSE



                                                  
TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
2 x 400g blikke Italiaanse tamaties met sous en al
1 rooiui
1 wortel in blokkies gesny
1 selderystingel in blokkies gesny
so 'n effense handjievol gekapte vars pietersielie
7 vars basiliekruidblare
3 eetlepels olyfolie
1 eetlepel bruinsuiker
Maldon-sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Nog 2 eetlepels olyfolie
Metode:
Meng al die bestanddele -- behalwe die sout, peper en die ekstra 2 eetlepels olyfolie -- in 'n kastrol op die stoof. Bedek en bring tot kookpunt. Verlaag nou die temperatuur en laat saggies prut vir ongeveer 30 minute. Haal nou die deksel af en laat onbedek vir nog 'n verdere 20 minute kook. Laat dit effens afkoel en verpulp in 'n voedselverwerker. Gooi die mengsel nou terug in die kastrol en laat dit kook totdat dit begin dik word. Geur met sout en peper. Haal van die stoof af en roer die 2 ekstra eetlepels olyfolie by om die geur uit te bring en die tekstuur te verbeter.“Toorkombuis”19/3/11*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG**
>Foto>Sheknows.com

Vere Albertyn

Koshuis se tamatiesmoor 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
1kg Tamaties skille verwyder
4 to 6 uie in ringe gesny
200ml Chutney
200ml Tamatie sous Ol gold
50ml suiker afhangende van hoe soet jy dit verkies
Knoffel
Sout of Aromet
Peper
1pk oxtail sop
Metode:
Braai die uie tot sag en gaar. Voeg die gesnyde tamaties by. kook dit leker deur.
voeg nou die res van die bestandele by. Gooi nou die oxtail sop poeier in. Kook leker deur en geniet saam met hotdogs of hamburgers. Ek maak sommer a klomp en vries dit dan.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*
Helena Kruger

TAMATIE EN SOETRISSIE RELISH

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
Heerlik op Hamburgers en enige koue vleis !!
2 t olyfolie
1 ui, fyn gekap
750g tamaties gekap
1E Worcestersous
2/3K soetrissiesous
1/2K bruinsuiker,
1/4K balsamiese asyn
Metode:
Verhit olie in kastrol, voeg uie by, kook ± 3 min tot sag.
Voeg res van bestanddele by, roer oor medium hitte tot suiker opgelos is. Laat prut vir 60 - 75 min of totdat relish verdik. Roer af en toe. Skep in warm gesteriliseerde flesse. Wanneer koud verseel Baie lekker!!!18/8/11 Helena
n.s Ek het Rooi en Groen Soetrissies[gekap] saam met die uie gebraai-kook en dit is eers lekker
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Helena Kruger

LEKKER SOUS VIR PAP 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
3 -4 Uie, gekap
1/4 k Asyn
1 k Tamatiesous
2 t Old English Mustard
1 t Kerrie [med]
3e Bruinsuiker
1e Appelkooskonfyt
Sout na smaak
Braai die uie, en kook die res van die bestanddele saam.Bly lank in yskas!!!19/8/11
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*





Helena Kruger

PUTTANESCA-SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
30ml olie
1 ui gekap
2 knoffelhuisies fyngekap
400g klein tamaties middeldeur gesny
6-8 ansjovis fillette
30ml kappertjiesaad
100g swartolywe ontpit
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
Braai jou uie en knoffel in die olie
Voeg tamaties ansjovis kappertjiesaad en olywe by
Geur met S/Peper en laat kook vir so 20min.
Baie lekker oor pangebraaide Visporsies
"Helena" 21/8/11
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

GAZPACHO-SOUS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
1 Knoffelhuisie
100ml tamatiesap
15ml vars suurlemoensap
Meng al die bestandele in ‘n voedelverwerker tot glad. Hou in die yskas tot gebruik. Gooi die gazpacho sous in ‘n aparte bakkie en sit geblansjeerde tamaties en dille takkie op elke bord. Drup basilie-olie oor die sous en dien dadelik op Dit lyk pragtig in die Chinese bakkies. * Idees 2007-Lenore Uys*
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Tiana Botes

Basiese tamatiesous vir pasta

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
45 ml olyfolie van goeie gehalte
1 middelslag-ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 blik (390g) heel tamaties, gekap
15 ml tamatiepasta
2,5 ml gedroogde origanum
10 ml tot 15 ml bruinsuiker
250 ml water
250 ml gekapte vars basiliekruid
5 ml sout
2,5 ml vars gemaalde swartpeper
Verhit die olie in 'n kastrol oor medium hitte. Soteer die ui tot deurskynend. Voeg die knoffel by en soteer nog twee minute. Wees versigtig dat die uie en knoffel nie verbruin nie.
Roer die res van die bestanddele by. Bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en laat prut stadig sowat 20 minute tot die sous verdik. Indien verkies, kan die sous in 'n voedselverwerker fyngemaak word. (Genoeg vir 4 porsies.)
Wenk
Die sous is heerlik oor pasta met gerasperde parmesaankaas oorgestrooi. Dit kan ook as 'n basis vir ander pastageregte gebruik word.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Francois Van Der Schyff

LEKKER TAMATIE EN UIE SMOOR

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
Ek weet dit is verneek maar die maklikste en lekkerste sous vir pap is 2 blikkies tematie en uie smoor, 100ml all gold tamatie sous, 2 el suiker, 5 ml mild en spicy kerry poeier, en voila !!! laat als saam warm word !!!
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Helena Kruger

PIZZA SOUSIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
2e olie
1med.ui fyngekap
2 knoffelhuisies gekneus en fyngekap
2 blikkies gekapte tamaties[400gelk] of jou eie tamaties fyngekook
2.5ml gemengde droe krui [of net origanum]
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai jou uitjie net sag en voeg die tamaties by en ook die knoffel
Gooi al jou speserye by en laat kook tot dik sonder jou deksel so amper 10-12min.stadig
Gooi uit en laat afkoel en plaas in yskas vir wanneer jy lekker pizza wil maak
N.S=Noudat ons baie tamaties het maak en pak dit in die vrieskas en haal uit wanneer jy dit benodig **Helena Kruger 18/3/12
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*


Lorraine Groenewald

Tamatiesous

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
 
vir hotdogs of by braaivleis
Voorsien vir 100
20 uie fyn gekap
1bottel olie – 750 ml
1 bottel asyn –750 ml
1 bottel worcestersous – 250 ml
2 bottels tamatiesous – 750 ml elk
1 bottel mosterdsous – 750 ml
2, 5 kg suiker
sout & peper
Braai die uie in die olie, voeg dan al die ander bestanddele by en roer aanhoudend om aanbrand te vermy. Verdik met:
20 E hoogvol maizena
20 E hoogvol meel
5 kop water.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

Marie Jv Rensburg

TAMATIESOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
4 KG RYP TAMATIES
1KG UIE
5 GROOT KNOFFELHUISIES
750ML ASYN
SNY TAMATIES, UIE EN KNOFFEL FYN EN KOOK TOT SAG
GOOI DIT DEUR N VOEDSEL VERWERKER
SIT DIT WEER TERUG IN DIE KASTROL EN VOEG DIE VOLGENDE BY
3 KOPPIES SUIKER
1 EELLEPEL SOUT
1 TEELEPEL ROOIPEPER
1 TEELEPEL NAELTJIES
1 TEELEPEL ALL SPICE
KOOK TOT DIK GENOEG EN BOTTEL WARM (dit lyk nog te loperig maar aan die kastrol se wand kan jy sien as dit gestol het)
DIS DIE WARE JAKOB EN HEERLIK EK KRY SO TUSSEN 15 EN 19 BOTTELS TAMATIESOUS AFHANGENDE HOE GROOT DIE BOTTELS IS 5/6/12***
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*
Helena Kruger

WIMPY'S DELIGHT HAMBURGER RELISH

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/tamatie-relish-souse.html
2 sticks (2 to 3 Inches each) cinnamon, broken up
2 teaspoons whole cloves, slightly bruised
2 teaspoons whole allspice, bruised
1 quart cider vinegar
4 cups coarsely chopped peeled and seeded tomatoes (about 6 large)
2 cups white granulated sugar
4 teaspoons mustard seed
1/4 teaspoon ground hot red (Cayenne) pepper
4 cups chopped unpeeled firm cucumbers (do not use waxed cucumbers)
1 1/2 cups chopped cored and seeded sweet red peppers
1 1/2 cups chopped cored and seeded sweet green peppers
1 cup chopped celery
1 cup chopped onions
1 1/2 tablespoons turmeric
1/2 cup pickling or other non-iodized salt
2 quarts water
Tie the cinnamon, cloves and allspice loosely in a square of cheesecloth. Combine vinegar with the bag of spices in a non-aluminum pan. Bring the vinegar to boiling, adjust the heat and simmer it, uncovered, for 15 minutes.
Add the tomatoes, bring the mixture to a boil, then adjust the heat and simmer the mixture, partly covered, until it resembles a puree, about 30 minutes. Add the sugar, mustard seed, and ground hot red pepper. Pour the mixture into a bowl, cool and cover it, and let stand overnight at room temperature.
Meanwhile, combine the cucumbers, red and green peppers, celery, and onion in a ceramic or stainless-steel bowl. Sprinkle the turmeric and salt over the vegetables, then add the 2 quarts of water. Stir the mixture, cover it, and refrigerate overnight.
Wash 7 half-pint jars. Keep hot until needed. Prepare lids as manufacturer directs.
Drain the liquid from the salted vegetables and replace it with enough fresh cold water to cover them; let the vegetables soak for 1 hour, then drain them in a colander, pressing lightly. Return the vinegar/tomato mixture to pot and bring it to a boil over medium-high heat.
Add the drained vegetables, then return the relish to a full boil, stirring frequently, and cook it, uncovered, over high heat, for 5 minutes. Remove the relish from the heat. Remove the spice bag from the relish; squeeze out all possible liquid from the bag into the pot, then discard the bag.
Ladle the hot relish into 1 hot jar at a time, leaving 1/2-inch head space. Wipe rim with a clean damp cloth. Attach lid. Fill and close remaining jars. Process jars in a boiling water canner for 10 minutes 26/4/12 **Helena Chilli Kruger**
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*

No comments:

Post a Comment