Wednesday, 30 January 2013

TARTARE EN MAYONAISE SOUSE


Comeback Sauce

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
Lizelle Lehman De Jager

1 kop Mayonnaise
¼ kop Tamatie sous
¼ kop Chilli sous
1 tl mosterd
1 tl uie poeier
½ tl Knoffel poeier
2 tl Worchestire sous
1 Tl Growwe swart peper
¼ tl Tobasco sous
¼ kop Olyf Olie
Sap van 1 suurlemoen.


Meng alles lekker saam en sit in yskas vir ten minste 3 ure, dan ‘trou’ die geure. Die sous kan so maand in die yskas bewaar word, maar glo my hy vlieg vinniger as die melk van die koffie. Ons eet dit oor alles, dit het begin by die Hoenderburgers wat ek gemaak het, ons het nou al vark en steak en vis saam dit geeet. Sy naam doen hom gestand “comeback sauce”. Ek het die resep op internet gekry.*Wonderlik***Helena*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*





 
Helena Kruger
RIANA SE LEKKER SOUS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
1 x 750ml Mayonnaise

1 Botteltjie Piccalilli
1 Blikkie Kondensmelk
3 Agurkies[gerkins]

Kap alles in jou voedselverwerker nie te fyn nie
Gooi in bottels en plaas in yskas

Baie lekker saam met n vark of n koue vleisie ..of as n dip

Dankie Riana [dogter]*29/6/12 Helena Kruger.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 


RANCH -SOUS.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
“Lynette Puren “van Tyler in Texas
Begin deur 

1 groot knoffelhuisie en 
2 of 3 knippies growwesout 
met ‘n stampertjie of die agterkan van ‘n lepel saam te moes tot jy ‘n pasta het.
Sit die knoffel nou in ‘n bottel met ‘n deksel wat dig seel.
Voeg ¾ Koppie Karringmelk
3 t Suurlemoensap,
1 e gekerfde Pietersielie
1 e fyn gekapte uie


Skud hierdie mengsel tot baie goed gemeng.
Proe en voeg smaakmidells by soos verkies.
Hierdie sous is baie dun.
Om ‘n dikker sous te kry voeg “n ½ Koppie mayonnaise by
Vir smaak verandering kan jy of suurroom of dik natuurlike joghurt byvoeg


N.S. 
Julle kan die sous met n goeie hart maak dit is baie lekker!!!
Helena 26/4/11
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*





                                            >moreismoremom.wordpress.com

Helena Kruger
GROEN MAYONAISE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
125ml. Mayonaise
15ml Basiliekruidpesto
2 Knoffelhuisies gekneus


METODE:
Meng en verwerk alles in n voedselverwerker

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
 
ROOI MAYONAISE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
Rooster 1 Rooisoetrissie in die oond,
Sny in kwarte en verwerk dit saam met die mayonaise in n voedselverwerker
Helena
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*






Lee-anne Adriaanse
MAYONNAISE so bietjie te rek

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
en dit smaak nogal baie lekker!
1 bottel mayonnaise
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk


Meng alles goed saam en gooi terug in bottel. Maak 2 bottels vol.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


 Martie Fourie Moolman
Miracle Whip

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
4 eiergele
1t sout
2t droe mosterd
6 E asyn
3 k olie
3 t mezena
1k kookwater
2 E suiker
kwart k asyn
1 t sout..


Meng in menger eiers, sout, suiker en 2 E asyn.
Voeg 1 k olie olie stadig druppel vir druppel by. Meng al die ander olie byvoeg 4 E asyn byvoeg al die ander bestanddele in pan en kook tot gladde pasta. Voeg die warm mengsel by die mayo mengsel en meng goed. Verkoel. Ek maak dit gereeld en dit is soos die ware Jakob!!
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


 

Homemade Miracle Whip

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
1 egg
1 tablespoon sugar
1 tablespoon white vinegar
½ tablespoon lemon juice
½ teaspoon mustard powder
½ teaspoon salt
¼ teaspoon onion powder
1 ½ cups flavorless oil
Place all ingredients, except the oil, in the bowl of a food processor fitted with blade attachment. Have the oil measured and at hand. Turn on the food processor and pour the oil through the feed tube in a thin, steady stream. Gradually increase the flow until all oil is in the mixture. Continue to process until a thick mixture. Refrigerate.
To make tartar sauce, stir in finely chopped onion and dill relish (or finely chopped pickles), as much as you desire. I think I added 3 tablespoons of each to about half the Miracle Whip recipe.  It’s so yummy with fish sticks!** veronicascornucopia.com



TUISGEMAAKTE MAYONNAISE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
2 eiergele
2ml mosterdpoeier
5ml suiker
2ml sout
knippie witpeper
10ml suurlemoensap of asyn
250ml olyf of kookolie of ʼn mengsel daarvan


Metode:
Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ʼn mengbak.
Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ʼn slag bygevoeg word. (Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is. Kosmater  *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



 Helena Kruger
FOR THE WASABI-GINGER MAYONNAISE 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
2/3 cup mayonnaise
2 tablespoons finely grated ginger, with juices
1 tablespoon plus 1 teaspoon wasabi paste
Method:
To make the mayonnaise, mix all of the ingredients in a small bowl. Cover and refrigerate until serving.  Kosmater

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 
 
AJ van der Walt
MAKLIKE MAYONAISE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
200-250ml olie
1 eier {geel en wit}
1 eetlepel suurlemoen sap of asyn
sout en peper na smaak


Metode:
Voeg alles saam in meng houer in die genoemde volgorde. Meng aggresief met n elektriese klitser tot die olie begin dik word,beweeg dan die klitser rond tot die mayonaise n egalige konstutisie bereik. Kosmater Aliwal -Noord ♥ Dankie A.J. *Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .





GEMMERMAYONNAISE
 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
200ml mayonnaise
200ml suurroom
1 suurlemoenskil, gerasper
30ml suurlemoensap
10ml heuning
1 stukkie gemmerwortel, geskil en gerasper
sout en peper na smaak.
Metode:
Meng alle mayonnaise bestanddele saam, geur en verkoel. Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html

WENKE
Sonia Van Niekerk Maharaj Dit is 'n heerlike koel sous. Grieke eet hom met alles en die Indiers (noem hom Raita) eet hom saam met kerries en Biryanis. Dis lekker saam met frikkadelletjies, eiervrug, geroosterde pitas, ens. Jy gebruik dit soos Cod Roe en Hummus as 'n dip ook



Helena Kruger
Tzatziki-Sous 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
1 groot Engelse kommkommer gerasper
5ml sout
2 knoffelhuisies gekneus
600ml Jogurt [Plain]
30ml olyfolie
15ml asyn
sout en swartpeper na smaak 


Meng komkommer met sout en laat 10 minute staan in sif. Druk res van sap goed uit. Meng res van bestanddele by komkommer en hou verkoel tot bedienning.Gebruik as sousie by Wrap's of Tostada's of gebakte Vis Heerlik en maklik!!*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Maria Liebenberg
Sousie vir hoender roulade

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
Ek het die caterer in die hande gese, maar sy werk ongelukkig nie van 'n resep af nie. Sy het wel vir my die bestanddele gegee. Nou kan die slim kosmakers dit dalk vir ons uitwerk: Die Griekse yoghurt
maak die grootste deel van die sous uit -
Voeg na smaak by:
Mayonnaise
Sweet chilli
Dash suurlemoen
Potato spice van Ina paarman
Druppel of 2 tabasco sous

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Charlotte Verwey da Silva
SOUS VIR VIS OF HOENDER ROULADE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
dis maar my eie konkoksie, maak dit gewoonlik vir funksies....so ek maak dit in groot maat. Werk maar op die volgende:
1 Liter Griekse yoghurt
500 ml Suurroom
375 ml Mayonnaise
Gekapte knoffel,

 sout en peper na smaak.


Op hierdie mates kan jy 'n halwe gerasperde komkommer byroer. Ek het ook al die suurroom vervang met roomkaas. Sous was toe bietjie dikker maar net so lekker! As jy die sous bietjie suurder wil hê kan meer mayo of bietjie suurlemoensap bygevoeg word.

TARTARE SOUSE




Julanda Swanepoel
LEKKER TARTARESOUS 1

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
1 Koppie Mayonnaise,
3 eetlepels suurlemoensap,
2 eetlepels gerasperde agurkies,
2 eetlepels gerasperde uie
sout en peper.
Meng alles goed saam en bedien saam met vis.




Maureen Jansen van Rensburg
MAUREEN SE MAKLIKE TARTARESOUS 2

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
Of meng mayonaise verkieslik Cross & Blackwell met die toebroodjiesmeer. Dis ook in sulke potjies soos mayonaise.
Dit maak perfekte tartare sous.

TARTARE SOUS 3 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
3 Hardgekookte eiers
300ml Mayonnaise
1e Gekapte kappertjiesaad
1e ui fyngekap
1e agurkie fyngekap
1e pietersielie gekap
1e suurlemoensap
1e gekapte wortel
Sout en growwe s/pepper na smaak.


Metode:
Dop eiers af en druk fyn.
Meng alles bymekaar.  Hou in yskas.  Helena   




250 ml mayonnaise 
100 ml sandwich spread
2 agurkies, gekap 
3 stingeluie, gekap
15 ml gekapte pietersielie 
5 ml suurlemoensap
5 ml aangemaakte Engelse mosterd 
5 ml suiker
15 ml kappertjiesaad, gekap, ops.
Vermeng al die bestanddele baie goed saam.
WENK: Die stingeluie kan vervang word met 'n halwe gekapte ui.
Tartaresous kan 2 - 3 weke in die yskas gebêre word.

TARTARESOUS 5
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
250 ml mayonnaise 
3 agurkies, gekap
3 stingeluie, gekap 
1 knoffelhuisie, gekap
25 ml pietersielie, gekap 
10 ml suurlemoensap
5 ml aangemaakte mosterd 
15 ml groen soetrissie, gekap
sout en peper na smaak 
5 ml suiker, opsioneel
Vermeng al die bestanddele en laat dit 'n rukkie staan sodat die geure goed kan meng. 

Maré Nieuwoudt 
TARTARE SAUCE 1
This free tangy tartar sauce recipe is awesome! Best served with any seafood dishes.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
Ingredients


200ml mayonnaise
100ml sour cream
2 Tblsp capers, chopped
1 tsp chives, chopped
1 tsp parsley, chopped
1 garlic clove, crushed
30 - 45ml lemon juice
salt and pepper to taste

Method
• Blend all ingredients together until smooth.
Makes just over one cup of tartar sauce. /FREE RECIPE HUB.

 TARTARE SAUCE 2:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mayonaise-souse.html
2 extra large eggs, hard-boiled and finely chopped
250 ml mayonnaise
10 ml finely chopped gherkins, optional
2 spring onions, finely chopped
15 ml fresh parsley OR 5 ml dried
15 ml chopped fresh tarragon OR 5 ml dried
1. Mix all ingredients together well, cover and chill in refrigerator until ready to serve.

No comments:

Post a Comment