Wednesday, 30 January 2013

MOSTERD SOUSE


MOSTERD SOUS
4 Eiers - Klits goed saam en voeg by:
190 ml Asyn
1 ml Sout
135 ml (108 g) Suiker
38 ml Mosterdpoeier

METODE:
Klits baie goed
Kook mengsel oor kookwater en roer aanhoudend
Kook todat mengsel dik is.
Gebruik saam met koue vleis en tong. Kan taamlik lank in die yskas gehou word.
WENK
Die sous skuim terwyl jy dit klits. Sodra die mengsel begin kook verdik dit en die skuim verdwyn. Dan lyk die sous soos mousse.
Die sous kan ook saam emt toebroodjies of slaai gebruik word.  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html




Christo Botha 

Ek het onlangs hierdie resep gemaak wat Jakkie da Costa hier geplaas het. Baie lekker !
"Ek maak altyd die
 Wondermosterdsous
uit Huisgenoot Wenresepte 3 
250ml witsuiker 
3 eiers 
100ml wit asyn 
50ml mosterpoeier, gesif
Sout na smaak 

Voeg in die gegewe volgorde al die bestanddele saam in 'n bak en klits dit tot glad. Verhit dit in 'n dubbele kastrol totdat die sous dik is, roer af en toe. Sodra die skuim bo-op begin verdwyn, nader die sous die regte dikte - omtrent soos loperige bladjang. Laat dit afkoel. Lewer 400ml sous
 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


Adri van Rooyen 

Homemade Mustard
Ingredients

1 can (397g) condensed milk
375ml white vinegar
60ml Colman's English mustard powder
50g (75ml) mixed yellow and brown mustard seeds
4 eggs
100g (125ml) white sugar
5ml salt

pinch cayenne pepper

Instructions
1. Combine the condensed milk, 125ml of the vinegar and 30ml mustard powder in a bowl and set aside.
2. Combine mustard seeds and the rest of the vinegar in a saucepan, bring to the boil, reduce heat and simmer for about 15 minutes.
3. Beat eggs, sugar, the rest of the mustard powder, salt and cayenne pepper until sugar has dissolved completely.
4. Transfer to a double boiler and heat until thick.
5. Add the condensed milk and seed mixtures to the egg mixture, stir thoroughly to combine and heat again for 5 minutes.
6. Spoon into sterilised jars and leave to cool before sealing the bottles.28/3/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


 


Vir die manne en maninne wat van n lekker warmrige Mostert hou...
Hier is mY manier van Mostert maak...en ASB..!!
GEEN Con blerry dens melk nie..??

STEFAANS SE MOSTERD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html

4 teelpels Mostert poeier (English Mustard)
1 Teelepel Borrie
1/4 teelepel sout
1 eetlepel heuning
2 eetlepels suurlemoensap
400 ml Mayonaise
Meng eers die droe bestandele met die heuning en suurlemoensap, en daarna met die Mqayonaise...
Laat staan in die yskas vir 5 dae...
Dan is die smaak eers lekker..
Die Mostert loop MOOI saam met Koue skaap nek,
Pasteitjies, en sommer enige Vleis disse..**
Stefaans Blaauw**


EN HIER HET EK STEFAANS SE MOSTERD GEMAAK..14/10/2015
Sal maar my 5 dae moet wag**




**********************************************************************************************************

MOSTERD SOUS BY STEAK
30 ml Heel Korrelmosterd
20 ml Heuning
Sout na smaak
Vir die sous:
Verhit die room, mosterd en heuning tot kookpunt en kook vinnig tot dit met die helfte afgekook is en begin verdik.
Geur na smaak met sout en sit voor met die steak.**Helena Kruger*





MOSTERD SOUS

TV BOEREKOS
1 k witsuiker
3 groot eiers
½ k wit asyn
5 t mosterdpoeier
½ t sout
1 t koekmeel

Metode:
Meng die witsuiker, eiers, asyn, mosterdpoeier, sout en
koekmeel en kook in mikrogolf tot gaar terwyl daar elke 2 minute geroer word. Gaar wanneer dikte na jou smaak en skuim weg is.
Bottel warm. Plaas in yskas na oop gemaak *Elrika Lesch.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html



Mostert Doopsous
Chantelle Geldenhuys

4 Eetlepels droë mostert
4 Eiers
1 Koppie Geel suiker
Bietjie sout
1 Koppie Bruin asyn

Klits eiers + suiker goed.
Voeg mostert en sout by.
Laaste asyn.
Kook in kastrol (lou warm) tot dik en gaar.

Henriette Wessels
Daleen ek het hierdie mosterdsousie wat so maklik is en jy kan hom maar maak so sterk soos jy daarva hou met jou mosterd poeier:*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


MOSTERD SOUS
1 blikkie kondensmelk
½ blikkie asyn (ek meet sommer met die kondensmelkblikkie)
1 eetl margarine
mosterd poeier na smaak
Meng alles goed saam en hou in die yskas
Hoe langer hy staan hoe lekkerder is hy!*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html



WONDER MOSTERDSOUS
Diane Roode Hancox
250ml Strooisuiker
3 Eiers
100ml Wit Asyn
50ml Mosterdpoeier (Gesif) - (Kan meer insit om sterker te maak)
Sout na smaak

Sit al bestanddele in order in kastrol. (Ek gebruik ‘n Dubble-boiler)
Meng met klitser.
Bring water in onderste kastrol na kookpunt toe.
Roer aanhoudend tot dik word.
Sodra die borrels verdwyn, is sous reg.
Maak 400ml*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


Ina Jones 
 Dalene, ek het die sous gister gemaak en YUMMY!!!!!!!!! Het bietjie van die sous met mayonnaise en gerkins (?) gemeng vir 'n aartappel slaai en was heerlik!!!!31/3/13

Helena Kruger
MOSTERD SOUSIE
Meng
25 ml olie
25 ml koekmeel
50 ml mosterdpoeier
125 ml suiker
bietjie sout
1 k kookwater in 'n kastrol tot glad.
Verhit tot kookpunt en haal af van plaat.
Roer 50 ml asyn
1 k may of room
*in een van my geskrewe boeke*
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html



Charlotte Verwey da Silva
Lekker soet mosterdsous
Bestanddele:
250 ml Wit suiker
3 Eiers
100 ml Wit Asyn
50 ml Mosterdpoeier
Sout na smaak


Metode:
Meng alles saam in glasbak en klits tot glad. Verhit in dubbelkastrol tot dik (ek sit sommer net 'n vuurvaste glasbak oor 'n kastrol met kookwater op die plaat, maar water moenie aan glasbak raak) Roer af en toe. (Die mosterd is so dik soos loperige blatjang)
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


Maureen Jansen van Rensburg
HEERLIKE WENNER MOSTERT
Hier is nog 'n maklike ene en ook baie lekker.
1/2  koppie Asyn gemeng met 

4 teelepels mostert, 
halwe koppie mayonaise en 
1 blikkie kondensmelk.
Meng alles. Ons het dit op dogter se troue gehad en almal was mal hieroor.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html



Lidia Theron
Dan is daar natuurlik ook my ou staatmaker, waarvan ek die resep sommer so uit my kop uit gee:
MOSTERDSOUS
4 eiers
200 ml asyn
15 – 45 ml mosterdpoeie
200 ml suiker
2 ml sout
• Klits eiers en suiker goed saam, eierwitte moet gebreek wees.
• Maak mosterdpoeier met ‘n bietjie asyn aan tot ‘n pasta en voeg dan die res van die asyn daarby.
• Meng dit met die eiermengsel en voeg die sout daarby.
• Mikrogolf op hoog vir ± 4 minute
• Roer elke minuut, totdat dit dik word.
Die sous hou goed in die yskas vir 'n hele paar dae.
Kinders hou ook hiervan. Dis heerlik saam met feitlik enige vleis. Veral saam met worsbroodjies van lekker viennas. Ek sê sommer ook hoe ek vir die kinders (waaraan ons ook heerlik gesmul het) worsbroodjies gemaak het.
Sny broodjies oop en smeer lig met botter/margarien en sommer 'n blertsie bo-oor ook. Sit dit in 'n vooraf verwarmede oond vir so tien minute.
Sny worsies in die lengte deur en verwarm in die mikrogolfoond.
Haal brood uit, smeer een kant liggies met chutney, anderkant tamatiesous. Sit worsie op en gooi ruimskoots mosterdsous daaroor en maak toe.
Sit in oondpan, met deksel en maak toe. Plaas terug in die oond wat reeds afgeskakel is, vir 'n paar minute om deurwarm te word. As 'n brosser broodjie verlang word, moenie die deksel opsit nie.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


Elda Lombard
Mostert.
4 eiers
1\2kop. Suiker.
1 teel sout
1 koP asyn.
8 hoogvol Mostert
Gooi eiers in kastrol Voeg suiker mosterT sout by. Klits goed met menger KLITS asyn laaste by.
Plaas op stoof op LAE hitte en roer tot dik MAAR NIE kook Haal af en koel af Plaas in bottels in yskas.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html



Estelle Oosthuyse
Mosterdsous
1 k wit asyn 

1 k water 
4 t mosterd poeier(hoogvol) 
2 k suiker 
5 eiers(gebruik meer vir dikker sous). 

Kook asyn. Klits eiers goed,voeg droe bestandele by. Klits asyn stadig in. sit terug op stoof en kook tot gaar. Laat afkoel en geniet. GOEDKOOP en LEKKER
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html
 
Trudie Brand
Mosterdsous 
600ml melk,

60g botter, 
30ml meel 
15ml asyn, 
15ml heuning of 5ml suiker, 
sout.

Kook die melk in n klein kastrol. Haal van die hitte af, bedek en hou eenkant. Smelt die botter oor matige hitte in n ander kastrol. Wanneer dit ges...melt is kan jy die meel byvoeg en kook terwyl jy die heeltyd roer sodat daar nie klonte vorm nie. Kook vir so 2min. Haal van die hitte af en voeg die warm melk by, terwyl jy roer. Sit dit terug op die hitte en kook vir so 5min. Bring dit tot kookpunt. Wanneer die sous romerig is, kan jy die res van die bestandele byvoeg en dit dan lekker warm saam met tong of vleis bedien. (Die resep kom uit die Kuier tydskrif)
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


Christina Stienie Breed
LEKKERSTE MOSTERD RESEP
UIT KO0K EN GENIET EN ALMAL WIL ALTYD DIE RESEP Hê.....MAAR WEES GEWAARSKU....HY BRAND
1 blikkie kondensmelk
250 ml.(1 kop) suiker
200 ml. mosterdpoeier ( ek gebruik die groot Colmans 100 g )
200 ml. mayonaise
200 ml. asyn
1. Meng die eerste 3 bestanddele
2. Voeg die mayonaiseen asyn by en meng. Klits dit goed met n eierklitser
L.W. Die hoeveelheid is genoeg om n vrugtefles van 1 liter te vul. Bewaar dit in die yskas

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html
Helena Kruger
  MOSTERDSOUS
1 Blikkie Kondensmelk
1 Blikkie asyn [die kondensmelk blikkie]
1 Blikkie Mosterdpoeier [klein een]
Meng asyn en Mosterd en voeg Kondensmelk by roer goed vir klonte en plaas in yskas om te stol!!!Heerlik Helena 20/12/11
*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


Rene Wessels
Mosterdsous 
Baie lekker by vleisgeregte of as 'n doopsous by snoep/vatkos.
½ koppie wit druiwe asyn
½ teelepel paprika
1-2 teelepels mosterdpoeier
1 blikkie kondensmelk

½ koppie canola olie
1 teelepel FYN gekapte pietersielie


Meng alles saam en gooi in 'n bottle. Bêre in die yskas of gebruik dadelik.
Hou goed in die yskas vir tot 3 maande indien dig verseël.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html




MOSTERD-SOUSIE BY BEESTONG
Vir 1 tong:
Meng 25 ml olie
25 ml koekmeel
50 ml mosterdpoeier
125 ml suiker
en 'n bietjie sout met 1 k kookwater in 'n kastrolletjie tot glad.
Verhit tot kookpunt en haal af van plaat.
Roer 50 ml asyn,
1 k mayonnaise
sap van 1 suurlemoen by.
" Retha so maak mens "11/10/11 Dankie Vriendin!!Helena Kruger.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


Maré Nieuwoudt
Mustard based Sauce 
Another recipe from Retha
If you haven't tried a mustard based barbecue sauce - then you are really missing out on something. This sauce works well with almost anything, but is particularly excellent for pork
1 cup prepared yellow mustard
1/2 cup balsamic vinegar
1/3 cup brown sugar
2 tablespoons butter
1 tablespoon Worcestershire sauce
1 tablespoon lemon juice
1 teaspoon cayenne
Preparation:
Mix all ingredients together and simmer over a low heat for 30 minutes. If your making this sauce for a whole hog multiple the ingredients by about 8.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html



MOSTERD SOUS 
1 eetlepel olyfolie
100 g spekrepies, in bokkies gesny
½ groot uit, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 eetlepel rooiwynasyn
1/3 kop witwyn
1 kop vleisaftreksel
1 kop room
1 eetlepel Dijon-mosterd
Metode:
Verhit die olie in 'n pan oor medium hitte. Braai spek tot goudbruin. Voeg uie en knoffel by en soteer totdat die uie begin verkleur. Voeg die rooiwynasyn en witwyn by en damp in tot 50% van volume. Voeg aftreksel en room by. Reduseer weer totdat sous verdik. Verwyder van hitte en gooi sous deur 'n sif. Roer mosterd by net voor opdiening. :
Tersia de Wet !!!!Dankie Baie !!!12/11/10
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


Helena Kruger
TUISGEMAAKTE MOSTERD 
397g kondensmelk
200ml suiker
120g mosterdpoeier
200ml mayonnaise
200ml asyn
Metode:
Meng die kondensmelk, suiker en mosterdpoeier. Voeg die mayonnaise en asyn by en meng. Klits dit goed. Bewaar dit in die yskas ANNE!!!Des 1975!! 
* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


Helena Kruger
LEKKER KOUE -VLEIS SOUS VIR KERSFEES
3E Mayonaise
2E Gerasperde Peperwortel
5ml Heel-Korrel Mosterd
125ml Room
2.5ml Sout
Peper
1t Vars gekapte Pietersielie
Klop room styf en vou ander bestd. by.
Plaas in yskas  Helena ♥

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html

Helena Kruger
MOSTERT & TAMATIESOUS (WORSBROODJIES)
2 k bruinsuiker
4 t mostert
4 e maizena
2 k asyn
4 e gesmelte margarien
4 k tamatiesous
Metode:
Kook alles saam & verdik met maizena.  Kosmater

*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


MOSTERD 
50 ml Suiker
50 ml wit asyn
knippie sout
10 ml mosterdpoeier
Metode:
Klits alles in mikrogolf beker.
Mikro 1 en half min maar klits elke 15 sekondes.
Dit word stywer wanneer koud en jy kan nog 5 ml mosterd bygooi as jy dit sterker wil he. Heerlik en vinnig.  Kosmater.
*LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html


WONDER MOSTERDSOUS:
Baie lekker vir "doop sous" of op broodjies met koue vleis.

250ml Castor Sugar
3 Eggs
100ml White Sugar
50ml Mustard Powder (Sifted)
Salt to taste


Put all ingredients (in order) into a bowl.
Mix well with mixer until smooth
Bring water in a double-boiler to boiling point
Pour mixture into top pot of double-boiler
Stir sauce until thick
As bubbles start to disappear, sauce is at its right thickness.
MAKES: 400ml

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mosterd-souse.html

No comments:

Post a Comment