NASTERGAL KONFYT
Spoel 2kg Nastergalbessies goed af en dreineer goed.
Plaas die bessies saam met 2kg suiker in n bak oornag om stroop te vorm.
Volgende dag voeg 125ml suurlemoensap en 150ml water by.
Verhit stadig tot kookpunt bereik en roer aan die begin om seker te maak dat al
die suiker opgelos is.
Kook dan taamlik vinnig tot dik, roer dit gereeld.
Skuim konfyt af voordat dit warm gebottel word.
Dankie aan ons "Kosmater ".*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
No comments:
Post a Comment