Tuesday 22 January 2013

LEMOENMARMELADE



LEMOENMARMELADE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/lemoenmarmelade.html
Gebruik lemoene aan die begin van die seisoen vir hoë pektiengehalte)
Sny 8 lemoene in baie dun snippers sonder om te skil
Haal die pitte uit.
Meet nou 3 koppies water vir 1 koppie snippers. Laat oornag staan.
Kook die volgende dag baie goed tot papsag. Laat weer oornag staan.
Weeg nou af 500g suiker vir 500g pulp. Voeg die sap van 3 suurlemoene by.
Kook vinnig en roer baie. As die marmalade soos lawa begin kook is dit reg.
Laat die mengsel bietjie afkoel voordat dit in gesteriliseerde bottles gegooi word, anders styg die snippers op in die fles.
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Lemoenmarmelade met whiskyhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/lemoenmarmelade.html
1 kg (ongeveer 4) lemoene
2 liter water
ongeveer 2,4 kg suiker
60 ml whisky
Sny die lemoene met skil en al in baie dun skyfies (hou die pitte). Plaas die pitte en 250 ml van die water in ‘n bakkie, bedek en laat staan eenkant. Plaas die gesnyde vrugte in ‘n groot bak en giet die res van die water bo-oor. Laat staan die twee bakke oornag. Giet die pitte se weekwater oor die bak met die gesnyde vrugte af en gooi die pitte weg. Verhit alles in ‘n kastrol tot kookpunt. Bedek en laat prut vir 1 uur of tot die vrugte sag is. Laat een koppie suiker vir elke koppie vrugtemengsel toe. Voeg die suiker by en roer, sonder om te kook, tot gesmelt. Verhit tot kookpunt en laat prut onbedek vir 40 tot 60 minute of tot die marmelade ‘n jellie vorm as ‘n bietjie op ‘n koue piering geskep word. Laat staan vir 5 minute, roer die whisky by en giet dan die warm konfyt in gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.
Lewer 2,5 liter marmelade.* landbou.com**.

No comments:

Post a Comment