Tuesday 22 January 2013

PERSKESNIPPERS EN FYN KONFYT





Perskesnippershttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/perskesnippers-en-fyn-konfyt.html
Skil en ontpit die perskes en sny in halwes.
Week die halwes ‘n rukkie in ‘n oplossing van 20ml sout of 45ml koeksoda per 5 liter water.
Spoel die perskes af in vars water en dreineer goed.
Sny die halwes op in snippers van omtrent 3mm dik.
Weeg die snippers af.
Gebruik vir elke 1kg perskes 125ml water, 750ml wit suiker en 20ml suurlemoensap.
Voeg die water by die snippers en kook ongeveer 10min tot net sag.
Voeg daarna die suiker by, verhit stadig tot kookpunt en roer tot al die suiker opgelos is.
Voeg die suurlemoensap by asook indien verkies, ‘n paar stukke gemmerwortel wat in ‘n gaasdoek toegebind is.
Kook dit matig vinnig totdat die snippers helder deurskynend en die stroop dik is.
Na die eerste uur kan dit stadiger gekook word.
Skuim dit af indien nodig.
Verwyder die gemmerwortel (Gooi weg)
Bottel die perskesnippers warm en verseel dadelik. *Lekker vir later*

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

PERSKE FYN KONFYT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/perskesnippers-en-fyn-konfyt.html
(MIKROGOLF)
Skil, halveer en ontpit 1kg taaipitperskes.
Sny die halwes in stukkies op en plaas dit in ‘n diep mikrogolf bak. (2 liter)
Sprinkel 125ml suuremoensap oor die perskes en bedek die bak.
Mikrogolf die perskes ongeveer ‘n kwartier by 100% krag tot sag.
Verpulp die perkes en skep terug in die mikrogolf bak.
Voeg 1 kg wit suiker by en roer dit goed deur.
Mikrogolf die mengsel onbedek 20min lank by 100% krag tot dik.
Bottel dit warm en verseel dadelik. *Lekker vir later*
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment