Thursday, 24 January 2013

SNOEK GEREGTE




SNOEKSOUS
Anita Meyer
Ons het ook n sousie wat ons saam met die snoek maak.
250mlmayonaise.
30ml tamatiesous
30ml brandewyn
10ml worcestersous
2ml sout
4 druppels tobasco
250 ml pitlose rosyne fyngekap
2 piesangs fyngedruk
1 klein ui fyngekap.

Meng alles saam en hou warm.
Eet saam met jou snoek heerlik!9/3/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html




GANSBAAI SE GEHEIME SNOEK:

Andre Loff is ’n man wat Snoekbraai met lof geslaag het. Hy sukkel nie om sommer al die toeskouers by ’n sportdag knuppeldik te laat eet aan Gansbaai se beste snoek nie. Varsgebraai net daar op die plek. Hier is sy geheime resep, spesiaal vir Mooiloop!

BENODIG:
2 snoeke
100g botter
2eetlepels knoffel
1 klein blikkie appelkooskonfyt
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepelolyfolie
MAAK DAN SO:
Voeg al die bestanddele saam in ‘n houer of pot en verhit oor lae hitte totdat dit stadig gesmelt het. Smeer snoek eers op die viskant en dan op vel. Knip die snoek in mooi eetgrootte porsies.

Maak intussen ’n lekker vuur en sodra die kole matig is, braai dan die snoek, eers 10 minute op die oop kant en dan dieselfde tyd op die velkantkant. ’n Ligbruin snoek is die lekkerste snoek.
Kampkos en wenke
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html


Stephen Ashlin
SNOEKBRAAI GEHEIM

Ek het papiere vir vis boeredery en braai! 
So- appelkoos konfyt en mammanaise 50/50, 
dan tee lepel knoffel, 
titsel suurlemoen sap en 
die gehiem is tee lepel bovrel! 

Smeer op snoek altwee kante laat die rooster nie plak nie! braai meeste op vel kant maar draai gereeld! Langer as 20min en dan droog jy jom uit! 
WENK
As jy n' goeie veearts het moet hy die snoek kan nog lewe kan inasem! Gooi dan die vis weg en eet die rooster! Grap! Probeer die resep en niemand sal bykosse soek nie! Nie sleg vir n' soutie nie, boere het my mooi geleer!!!
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html 




LEKKER SNOEK GEBRAAI OP BRAAIDAG 2014 @ JEFFRY'S BAY>Helena Kruger

LEKKER GEBRAAI SNOEK>
SMEER VIS MET GESMELTE BOTTER,SPICE MET SOUT, SWARTPEPER EN N BIETJIE VISSPESERYE
DAN VOU HOM TOE MET DIE VELKANT NA BINNE EN SMEER HOM ALKANT MET GESMELTE BOTTER, SUURLEMOENSAP, EN SWARTPEPER
PLAAS IN TOEKNYP ROOSTER EN ROOSTER OP MATIGE KOLE TOT GAAR, SMEER KORT KORT MET JOU BOTTER EN SUURLEMOENMENGSEL
N.S>ONTHOU JY MAAK HOM NIE OOP NA SY VELKANT NIE DIT BLY BINNE*LEKKER SAPPIG>>>>>>Dawie Kruger >Bultfontein >Vrystaat 24/9/2013* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Dalene Brits
GEROOKTE SNOEK PAKKIES MET MOSKONFYT
Eenvoudig maar baie lekker. Die moskonfyt is heerlik saam met die rolletjies.
Paar filo veile
gesmelte botter
gerookte snoek, gemeng met bietjie mayo
Moskonfyt of druiwe konfyt.
Pluis die snoek uit. Neem 'n vel filo en verdeel in stroke so groot soos verkies in die grote wat pakkies moet wees, smeer met gesmelte botter, plaas bietjie snoek in middel en rol op.
Plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 20 minute teen 180 grade tot mooi bruin, bedien saam met moskonfyt of druiwe konfyt as voorgereg. **SKFP 10/02/2013 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html

Carol Elliott Claassen
SMOORSNOEK MET GEBAKTE PATATS
500 g snoek, gaargemaak en die vel en grate verwyder
2 e margarine
2 uie, fyn gekap
2 tamaties, in blokkies gesny
2 e vars pietersielie, fyngekap
1 t sout
1 t swartpeper, varsgemaal
2 t suurlemoenskil, gerasper
4 aartappels, gaar en in blokkies gesny
Metode:
Die snoek kan in die oond gebak word, gekook word, of oor die kole gebraai word todat dit gaar is. Vlok die vis met ‘n vurk. Verhit die margarine in ‘n pan of kastrol en soteer die uie tot deurskynend. Voeg die tamaties by en braai effens. Voeg die res van die bestanddele by en smoor dit ‘n halfuur lank oor matige hitte en roer dit af en toe sodat dit nie aanbrand nie. Dien dit met gekookte rys en gebakte patats op. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



GEROOSTERDE SNOEK
1,5kg vars snoek
Olie
BEDRUIPSOUS
250ml droe witwyn
100ml fyn appelkooskonfyt
20ml vars gekapte pietersielie
12,5ml sojasous
1ml vars gemaalde swartpeper
3 knoffelhusies gekap
12,5ml worcestersous
30ml suurlemoensap
Metode:
Meng al die bestandele vir die bedruipsous en laat prut vir 1 min lank. Smeer ‘n toeklap rooster vooraf met olie, anders sit die vis vas. Moet nie die vel van die snoek verwyder nie en plaas die snoek op die rooster. Rooster die snoek 15-20min stadig oor matige kole terwyl aanhoudend met die bedruipsous bestryk word. (Gebruik ‘n kwassie vir die doel.)
Draai gereeld en braai tot deurgaar. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html







OONDGEBAKTE SNOEK MET GEBAKTE PATATS
Linda Venter
(Genoeg vir 4)
Oondbraaityd: Patats - 1½ uur
Snoek – 12 minute
• 4 groot patats
• 1 heel gevlekte snoek
• sowat 45 ml olyfolie • sap van 1 suurlemoen • sowat 80 g (90 ml) botter • sout en varsgemaalde swartpeper • mikrokruie Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat uit met tinfoelie. Sny ’n kruisie net deur die skil bo-op elke patat. Plaas patats op bakplaat en in oond. Oondbraai sowat 1½ uur tot sag. Sny snoek in porsies. Sprinkel olyfolie op ’n aparte bakplaat en pak snoek bo-op. Sprinkel suurlemoensap oor. Sit sowat 15 ml botter bo-op elke snoekporsie. Geur met sout en peper. Plaas snoek 12 minute voor patats klaar is in dieselfde oond. Haal uit en sprinkel mikrokruie bo-oor. Sit voor saam met gebakte patats
OONDGEBAKTE SNOEK MET GEBAKTE PATATS BRON- SARIE KOS  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html




HEERLIKE, MAKLIKE VISGEREG 
(4-6 porsies)
500g gaar gevlokte vis (Haddock,Snoek of stokvis)
1 groot pak chips fyn gedruk (Sout en Asyn of smoked beef)
WITSOUS:
250ml melk,
25ml meelblom,
25ml botter/margarine,
1 kp gerasperde kaas
Metode:
Smelt botter, roer meelblom in, en gooi melk stadig by terwyl aanhoudend roer. Wanneer sous rukkie gekook het, en verdik het, haal van die stof af en gooi die kaas by.
Die vis moet net-net gaar gekook wees. Voer ‘n plat, 2 liter bak uit met ‘n lag chips. Hou ‘n bietjie chips om bo-oor te gooi. Meng die vis, witsous en orige chips en skep egalig bo-op die laag chips in die bak. Strooi nou ‘n lagie chips bo-oor. Bak in oond vir 30min by 180°C. Bedien saam met ‘n lekker groen slaai. *Kospotte van Pearly Beach*Rina http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html


VISGEREG
Maak 1 ½ kp witsous met ½ kp kaas in soos bo, meng met 1 kp gevlokte gaar snoek. Gooi in die volgende tertkors en bak by 180°C tot bruin.
Kors:
1kp meelblom,
sout,
Knippie rooipeper,
1 eiergeel,
1/2kp gerasperde chaddar kaas,
½ kp botter.
Metode:
Meng alle bestandele met koue water tot ‘n stywe deeg. Voer ‘n tertbak uit en gooi vulsel in. Bak tot bruin. *Pad na ‘n man se hart*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html





Smoorsnoek


.food24.com
Traditionally smoorsnoek are made with salt snoek, but I prefer to use smoked snoek. If you use salt snoek, the snoek must be soaked in water beforehand to get rid of some of the salt, and be careful to add any more salt to the dish

SMOORSNOEK
500 g gaar snoek
2 e botter
2 uie, fyn gekap
2 tamaties, in blokkies gesny
2 e vars pietersielie, fyngekap
1 t sout
1 t swartpeper, varsgemaal
2 t suurlemoenskil, gerasper
4 aartappels, gaar en in blokkies gesny
Enige gaar Snoek.
Metode:
Vlok die vis met ‘n vurk.
Verhit die botter in ‘n pan en soteer die uie tot deurskynend.
Voeg die tamaties by en braai effens.
Voeg die res van die bestanddele by en smoor dit ‘n halfuur lank oor matige hitte en roer dit af en toe sodat dit nie aanbrand nie. Kosmater
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Hesta Huisamen ‎
LEKKER GEBRAAIDE SNOEK MET SOUSIE 
1SNOEK
smeer dit alkant lekker met olyfolie
vat sommer oondpan,met n bietjie olie.
le snoek oop met vel kant onder in pan
vat n bakkieskep so
6e botter
2e knoffel
4e appelkooskonfyt
rasper 1 uie,daarin 
sit in mikrogolf so 1 min sit pan op lou kole,
Bedruip vis met sous tot gaar
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Michael Coetzee
lekker snoek braai
Neem "heavy foil" en vorm 'n 'bak' groot genoeg vir die porsie snoek wat gaargemaak moet word. Neem 'n halwe ui en halwe greenpepper en snipper. Gooi dit in die foil bak en stip met botter. Geur met sout en vars swartpeper. Sit die snoek met velkant na onder bo-op die gekapte uie en greenpepper. Neem die ander helfte van die ui en greenpepper en snipper saam met vars sampioene. Strooi dit oor snoek en geur met sout, vars swartpeper en hoenderspeserye. Stip weereens met botter. Gooi vars room bo oor en braai stadig oor kole. Vyf minute voordat die snoek afgehaal word, rasper 'n bietjie cheddarkaas bo-oor en bedien warm.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Riaan Botes*
SMOORSNOEK
,´n heerlike Kaapse Maleies vis dis wat met snoek, aartappels en speserye gemaak word is gewoonlik met rys en moskonfyt bedien maar appelkoos konfyt kan ook gebruik word.
Lewer: 4-6 porsies
■1 gaar snoek
■30 ml botter
■5 ml olie
■2 groot uie, fyn gekap
■2 knoffelhuisies, fyn gekap
■2 groen brandrissies, fyn gekap■2 ryp tamaties, gekap
■2 groot aartappels
■500 ml gekookte rys
■wit peper
■vars pietersielie as garnering
Metode
Kook aartapples en sny in blokkies. Vlok die vis snoek met jou hande en haal al die grate uit. Hou dit eenkant om later te gebruik. Verhit die botter en olie in ´n pan en smoor die uie en knoffel oor lae hitte tot deurskynend. Voeg die brandrissies, tamaties en aartappelblokkies by. Roer die snoek deur en verhit terwyl dit geroer word. Indien die mengsel effens droog lyk, voeg nog ´n bietjie botter by. Roer die rys by en geur met witpeper en pietersiele.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Berie Smith
GEBRAAIDE SNOEK:
[DIE KAAPSE MANIER SOOS EK HOM KEN
1 Vars Snoek ongeveer 2kg
100ml [6E] growwe sout
Varsgemaalde witpeper na smaak
SUURLEMOENBEDRUIPSOUS:
Sap van 2 suurlemoene
1/4 kop gesmelte botter
Vlek snoek, strooi mildelik met growwe sout en laat staan vir 30min - 1 uur afhangende van hoe swaar die vis gesout is.
Vee sout met varswater af en hang om te droog.
Meng suurlemoensap en botter.
Geur snoek liggies met peper en plaas dit oopgevlek op goed ge-oliede toeknyprooster.
Rooster met velkant na onder oor koel kole en bedruip gereeld met suurlemoensous.
As vleis wit word, draai snoek om sodat dit effens kan verbruin.
Sit onmiddelik voor, genoeg vir 8 porsies.
BYKOS:
Gebakte patats in foelie oor die kole en potbrood mildelik gesmeer met korreldruiwekonfyt.
JY KAN OOK DIE APPELKOOSBEDRUIPSOUS GEBRUIK:
3 E botter gesmelt
3 E kookolie
1 E gladde appelkooskonfyt
1 knofelhuisie gekneus
1 E suurlemoensap
Meng geod en bedruip telkens terwyl snoek gebraai word. Altyd velkant onder en dan
na ongeveer 20 - 25 minute [afhangende van hoe dik die vleis is], draai om en laat dit bietjie verbruin.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html


Carol Elliott Claassen
OM SOUT SNOEK TE MAAK 
Vlek” the snoek, rinse clean and cut into even-sized pieces. In a suitable container, alternate layers of snoek with a generous amount of coarse kitchen salt. Scatter a final layer of salt over the fish and cover.
Charlotte Verwey da Silva
Ek weet jy kan dit oopvlek, dik laag growwe sout gooi, laat le vir so 40 minute, spoel goed af, laat winddroog word, draai toe met clingwrap en dan kan jy dit vries.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Berie Smith
LOUIS SE GEROOKTE SNOEK PATé:
[ROER]
Bestanddele:
200 g gerookte snoek
130 g botter
1 klein ui, fyn gekap
30 ml vars suurlemoensap
Vars gemaalde swart peper
250 ml room
2 klein rooi “cocktail” uitjies
Metode:
1. Verwyder vel en grate en vlok die vis.
2. Smelt helfte van die botter in ‘n pan – braai tot deurskynend.
3. Haal van hitte af en meng in die res van die botter, die vis, suurlemoensap,
baie swart peper, room en rooi uitjies.
4. Verwerk dit alles tot taamlik glad in ‘n voedselverwerker of “blender”.
5. Proe vir smaak, skep in bak, bedek en verkoel tot styf.
6. Bedien met volgraanbrood – en korrelkonfyt as jy wil.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html


Berie Smith
SMOKED SNOEK PATE: [uit 4 x 4 se Resepte]
Ingredients
250g smoked Snoek
250g cream cheese
15ml (1 Tablespoon) lemon juice
Pinch of Ginger powder
10 ml (2 teaspoons) tomato paste
2.5 ml (half a teaspoon) sugar
Black pepper
Half a small chopped onion
125ml (half a cup) of fresh cream
How to prepare it
Remove all skin and bones and flake the fish.
Blend all ingredients except the cream in a food processor.
Whip the cream and fold into the mixture.
Press into a mold of your choice.
Gives between 8 and 10 servings.
This should keep for about a week in the fridge. We do not recommend that you freeze it.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Carol Elliott Claassen
MAYO SNOEK MET SWART SAMPIOENE 
Een groot stuk gerookte snoek
Maak n bakkie met foelie en plaas die snoek daarin
Gooi mayonnaise oor tot snoek heeltemal toe is
Sit op n lae hitte vuur tot mayonnaise ooral begin kook
Haal af en eet saam met pap en groot swart mushrooms
Maak foelie bakkies plaas groot swart mushrooms binne
Gooi kaas en knoffel oor sit saam met snoek op die braai
En haal af as hulle sag is http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html


Maré Nieuwoudt
OONDGEBAKTE SNOEK MET SITRUSSOUS 
75 ml (5e) botter, gesmelt
Sout
60 ml( ¼ k) suurlemoensap
125 ml (1/2k) mayonnaise
80 ml (1/3k) fyn appelkooskonfyt
5 ml (1t) fyn gestampte gedroogde nartjieskil sonder wit membrane
5 ml (1t) gerasperde vars lemoenskil
1 mediumgroot snoek
Sout en vars gemaalde swartpeper
METODE:
Voorverhit die oond tot 180°C. Verf n groot oondplaat met die gesmelte botter. Strooi fyn sout liggies oor die botter en sprinkle die helfte van die suurlemoensap oor. Meng die mayonnaise, appelkooskonfyt en skil in n houer.
Vlek die snoek oop en maak elke 5 cm dwarssnitte oor die breedte van die vis. (Sny deur die grate, maar nie die vel nie.) Plaas die snoek met die velkant na onder op die voorbereide bakplaat en geur met sout, swartpeper en die res van die suurlemoensap. (GEBRUIK MIN OF GEEN SOUT AS DIE SNOEK VOORAF REEDS BAIE GESOUT IS.)
Bak ongeveer 15 minute of tot gaar. Die vis sal maklik met n vurk vlok.
Smeer die mayonnaisemengsel oor die snoek en oondrooster 10 minute tot die sous begin verbruin. Laat die snoek op n opdienbord afgly en maak die dwarssnitte versigtig met n mes en vurk oop om in netjiese porsies op te skep. Dien op met oondgebakte patats.
Genoeg vir 6 mense.     Huisgenoot Eetsaam 6 September 2001
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



SNOEKTERT MET KRUMMELKORS
Jy kan die vinnige ete sonder die kors ook maak, maar ek hou van die kombinasie van die krummels en die romerige vulsel, sit voor saam met slaai en jy kan sommer ‘n hele span kos gee in ‘n japtrap.
VARIASIE: Vervang die snoek met makriel, gaar skelvis of tuna
KORS
1 x 100g pk soutbeskuitjies
125ml botter gesmelt
VULSEL
1 x 230g gladde maaskaas
3 eiers
30ml mayonnaise
1 ui gerasper
500ml gevlokte, gerookte snoek (maak seker al die grate is verwyder)
250ml gerasperde cheddarkaas
60ml gekapte vars pietersielie
Sout en vars gemaalde swartpeper
2ml gerookte paprika.
Voorverhit die oond tot 180 °C. Pols die koekies in ‘n voedselverwerker tot krummels en voeg die botter by. Pols tot klam krummels wat aanmekaar vassit en druk die krummels op die boom en teen die kante van ‘n middelslag oondbak vas. Pols die maaskaas, eier, mayonnaise, ui, snoek, kaas en pietersielie vinnig saam tot net gemeng en geur na smaak met sout en peper. Skep in die kors en smeer gelyk Bak vir 30min tot ferm en goudbruin. Sprinkel paprika oor en sit voor met slaai. Lewer 8 porsies. *landbouweekblad* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Pat Hewson
VINNIGE GEROOKTE SMOORSNOEK
(Sarie Kos
4 Porsies
Verhit 30 ml olyfolie in ‘n diep pan,
Halveer 1 ui in lengte, sit op snykant neer en sny in skywe
Skil 2 groot aartappels en sny in groterige bloke.
Voeg ui en aartappels by olie en braai tot aartappels begin bruin word.
Sny 3 tamaties in groot bloke en voeg saam met
1 fyngekapte knoffelhuisie by ui en aartappels,
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en maak pan toe met deksel.
Laat prut tot aartappels sag is.
Verwyder grate en vel van 400gr gerookte snoek en vlok in stukke.
Voeg by aartappelmengsel met sowat 30 ml fyngekapte pietersielie.
Roer versigtig deur en laat vis net warm word. Sit warm voor.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Ina Jones
HEERLIKE SOUSIE VIR SNOEK
Anita was gaaf genoeg om vir my haar resep te stuur :"Ons het altyd twee piesangs fyngedruk, so 2 eetlepels fyngekapte rosyne, teelepel brandewyn, en 'n skud tobasco. Maak warm moet nie kook nie net liggies prut" Baie dankie Anite en Kobie. Waardeer regtig baie! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Dalene Brits
WEST COAST SNOEK PIE
Suidkaapfynproewers
1 roll Bought puff pastry or homemade
1 Large onion, chopped
1 Small green pepper, chopped
10ml Olive oil
250ml Grated cheddar 400ml Flaked smoked snoek
4 Eggs
250ml Cream
50ml Milk
Salt and black pepper to taste
METHOD:
Roll out the puff pastry and line a medium sized quiche dish.
Saute the onion and the green pepper in the oil and season.
Place the onion mixture, cheddar cheese and the smoked snoek in the lined quiche dish.
Beat the eggs, milk and cream together and pour over the fish.
Bake at 18>OC for ±30 minutes.
Serve warm with a salad for a light lunch or starter
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html




SNOEK GAARMAAK
Sharon Viljoen
ek gebruik vis masala op die snoek, sit in droe meel en bak in olie. moet nie te vinnig bak nie, asook jou olie moet lekker warm wees anders word jou snoek pap.

Christa Steyn
Oor die kole, ek meng botter, Mayonnaise, appelkooskonfyt, suurlemoensap en visspeserye, knoffel en kook dit dan bietjie.. Jy smeer dit dan oor die snoek terwyl dit braai. Jy kan dit in die oond ook so gaarmaak.

Trix Arp Smit
Vars snoek, smelt bietjie botter en appelkooskonfyt, skeutjie suurlemoensap, braai op velkant oor matige hitte en 'baste' met die bottersousie tot gaar, min dinge lekkerder.

Piet van der Gryp
Sonder knoffel? Daai snoek gaan nie smaak he daarsonder nie!!! Bykos: gebakte patat met botter en heuning of bruin brood met korrelkonfyt (druiwe konfyt)!! Belangrik moet nie oor gaarmaak nie!


Maggie Erasmus
Ek smelt regte botter in 'n kastrolletjie. Sit knoffel by. Baie knoffel en suurlemoen. Ek maak die snoek gaar op 'n rooster en plaas dit vel onder toe op foelie. Daarna smeer ek die bottermengsel aanhoudend oor die snoek. Later gooi ek byna alles oor. Die hoeveelheid botter hang af van hoe groot die snoek is. Die volgende dag is die snoek wat oorgebly het tien keer lekkerder.

Anita Meyer
Ons het ook n sousie wat ons saam met die snoek maak.
SNOEKSOUS
250 ml mayonaise.
30 ml tamatiesous
30 ml brandewyn
10 ml worcestersous
2 ml sout
4 druppels tobasco
250 ml pitlose rosyne fyngekap
2 piesangs fyngedruk
1 klein ui fyngekap.
Meg alles saam en hou warm.
Eet saam met jou snoek heerlik!9/3/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html


Helena Kruger hierdie resep kom van die manne van die WESKUS>>Michael Coetzee
lekker snoek braai
Neem "heavy foil" en vorm 'n 'bak' groot genoeg vir die porsie snoek wat gaargemaak moet word. Neem 'n halwe ui en halwe greenpepper en snipper. Gooi dit in die foil bak en stip met botter. Geur met sout en vars swartpeper. Sit die snoek met velkant na onder bo-op die gekapte uie en greenpepper. Neem die ander helfte van die ui en greenpepper en snipper saam met vars sampioene. Strooi dit oor snoek en geur met sout, vars swartpeper en hoenderspeserye. Stip weereens met botter. Gooi vars room bo oor en braai stadig oor kole. Vyf minute voordat die snoek afgehaal word, rasper 'n bietjie cheddarkaas bo-oor en bedien warm.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



Leoni Van Schalkwyk
Jy maak soos volg en dis eg weskus.........
Smelt botter, suurlemoensap, appekooskonfyt en proppie brandewyn en smeer oor die snoek terwyl jy dit braai of in die oond rooster!
Ek vind knoffel vat die smaak van die snoek weg! Braai 10 tot 15 min afhangende van die grootte van die snoek. Heerrrrrrrrlik!!!!!!

Nadia Burger
Ek love om vars snoek in di oond te sit met baie van di knoffel rolletjie parmalat botter en eet vrek nou lus ek dt, volgende dag snoek ekstra lekker

 


Elza Jamneck
SMOORSNOEK
15 ml olie
15 ml botter
500 g aartappels, byna gaargekook, geskil en in blokkies gesny
gerasperde neutmuskaat na smaak
2 groot uie, oorlangs gehalveer, skille afgetrek en in dun skywe gesny
2 vet knoffelhuisies, gekneus, geskil en fyngemaak
1 kg liggerookte snoek, gepluis en grate verwyder
15 ml tamatiepuree (nie tamatiepasta nie)
125 ml droë vermoet of droë witwyn
30 ml fyngekapte vars dille
15 ml vinkelsaad saam met
6 lourierblare, in 'n speserymeul fyngemaal
1 rooi brandrissie, gehalveer, pitte en wit dele verwyder en gesnipper
sout en varsgemaalde witpeper
gerasperde skil en sap van 1 - 2 suurlemoene
Verhit olie en botter in 'n groot pan. Voeg aartappels by en skudbraai totdat dit goudbruin en bros is. Geur met neutmuskaat. Voeg uie en knoffel by en roerbraai totdat uie sag en deurskynend is, maar nie bruin nie. Voeg die snoek, tamatiepuree en vermoet by, meng deur en prut totdat die snoek deurwarm is. Strooi dille, vinkel-en-lourierblaar-mengsel en brandrissie oor, meng deur, proe en geur versigtig met sout en peper. Geur net voor etenstyd met suurlemoensap en skil. Sit voor met ekstra suurlemoenwiggies.

LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html



SNOEK TERT
Oond 180 gr C.
Klits saam:
4 eiers,
4 k melk,
4 E Bruismeel en
2 t mosterdpoeier.
Meng 1 kg gevlokte, gaar snoek by,
2 E blatjang,
sout en aromat na smaak,
1 E gekapte,
vars pietersielie en
2 k gerasperde kaas.
Bak vir 40-50 minute tot goudbruin en gaar.
Bron: Radio Namakwaland
Geplaas deur: Dalene Brits
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/snoek-geregte.html

1 comment:

  1. Die resep vir Snoek Tert lyk nie vir my reg nie. 4 koppies melk en 4 eiers? Dalk 1 koppie melk en vier eiers om die vulsel te vorm.

    ReplyDelete