Tuesday 22 January 2013

STAMVRUG KONFYT

STAMVRUG KONFYT
Was die stamvrugte, halveer en ontpit dit. Weeg die hoeveeheid vrugte af en weeg net soveel wit suiker af. Strooi die suiker oor die vrugte en laat dit oornag staan om stroop te vorm.
Verhit dit die volgende dag stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Voeg die sap van 1 suurlemoen per 2kg vrugte by asook ‘n knoets gekneusde gemmerwortel wat in ‘n stukkie kaasdoek toegedraai is. Kook die konfyt matig vinnig tot dik en roer gereeld. Verwyder die gemmersakkie en skuim die konfyt af indien nodig. Skep dit in warm, droe gesteriliseerde flesse en verseel dadelik. *Lekker vir later*
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment