Foto**bosduifkliprestaurant
WAATLEMOENKONFYT MET RISSIE EN GEMMER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/waatlemoenkonfyt-met-rissie-en-gemmer.html
Skil 3,5 kg konfytwaatlemoen
Krap die pitte uit en sny dit in blokkies
Gooi dit in ’n groot bak en strooi 15 ml fyn gemmer en 15 ml fyngekapte brandrissies by
Voeg drie fyngesnyde suurlemoene by en strooi 325 ml suiker bo-oor.
Laat dit oornag staan
Gooi die mengsel in ’n groot swaarboomkastrol en laat dit kook totdat die waatlemoenstukke deurskynend is.
Voeg 125 ml suiker by
Kook vir nog 20 minute tot die mengsel die sagtebalstadium bereik (’n teelepel vol van die mengsel vorm plooitjies as jy jou vinger daardeur trek)
Haal dit van die plaat af en gooi dit in gesteriliseerde glasflesse. Sit die deksels op en verseël!!!!!Dit is n moet die somer!!!!Het dit nog in n ou" Idees" Tydskrif afgeskryf!!Helena 1/12/10 ♥[Gaan dit verseker kook en julle laat weet!!] Heerlik
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
Mikrogolf waatlemoenkonfyt
1,5 kg waatlemoenstukke
9 koppies water
9 koppies suiker
1 teelepel sout
1 suurlemoen in drie skywe gesny
25ml gebluste kalk
16 koppies water
Verwyder groen skil en sagte binnekant en gebruik die ferm deel net onder skil vir konfyt. Sny in blokkies.
Prik waatlemoenstukke met vurk aaan weeskante en spoel goed af. Los kalk in water op en laat waatlemoenstukke oornag daarin week. Was stukke goed en laat nog vir ± 2ure in varswater lê. Spoel en dreineer verhit water, suiker en sout oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Verdeel suiker in drie gelyke dele in plastiek bakkies1,5 liter. Voeg suurlemoen skyfies en 2,5ml gemmer in elke bak. Mikrogolf 3 bakkies vir 80 minute tot suiker met helfte verminder het. Giet stroop in in groot plastiek skottel en mikrogolf vir 10 minute op hoog tot begin kook. Plaas gedreineerde waatlemoenstukke in stroop. Bedek skottel met kleefplastiek en mikrogolf vir 20 minute. Skep warm konfyt in warm bottels. Verseël.**bydrae: Petro van der Westhuizen
No comments:
Post a Comment