Saturday 9 February 2013

DUITSE BROTCHENS


           Frans se Duitse Brötchens 



Frans Odendaal
Frans se Duitse Brötchens
Sif saam 6 kop koekmeel en 1 t sout.
 Meng 1 e suiker , 10 ml sonneblomolie en 450 ml louwarm water,
Voeg by pakkie kitsgis en laat staan tot dit skuim.
Klits 3 eierwitte styf , meng dit saam met die vorige mengsel en die meel en knie goed.
Maak toe en laat staan tot dit dubbel die groote gerys het. .
Knie af maak 12 langwerpige rolletjies , laat rys tot dubbel die grootte,
 Maak in elke broodjie 'n langwerpige snit met 'n gladde broodmes en verf 1 eierwit en 30ml melk (gemeng) oor.
Plaas in voorafverwarmde oond teen 220 grade en bak vir 20 tot goudbruin.
NB: Wanneer jy die oond aansit plaas jy 'n bakkie met 'n koppie water onder in die oond , dit gaan stoom maak tydens die bakproses.
NOTA: My standaard broodresep maar met 3 styfgeklopte eierwitte by die deegmengsel gevoeg , asook 2 hoogvol eetlepels suiwel melkpoeier , net voor dit oond toe gaan die snit met broodmes en verf mengsel van eierwit en 30ml melk oor. Onthou om 'n bakkie water onder in die oond te plaas wanneer jy die oond aanskakel , dis vir die stoom. Bak teen 220C vir 20 min tot goudbruin
.***
 

No comments:

Post a Comment