Monday 11 February 2013

BOBOTIE / MAALVLEIS GEREGTE

                                                           
BOBOTIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/bobotie-maalvleis-geregte.html

Helena Kruger
Hierdie is die lekkerste resep wat ek ken. Geheim le in die speserye wat verhit word - oppas vir aanbrand!
Bobotie
GROEP A
20 ml fyn gemmer
30 ml sagte bruin suiker
10 ml kerriepoeier
15 ml borrie
10 ml sout
1 ml peper
60 ml margarien
5 med. uie, gekap
Verhit in swaarboom-kastrol (oppas vir brand!)
Voeg margarien by en soteer uie tot sag.
GROEP B
2 snye witbrood in water geweek
1 kg maer maalvleis
150 ml pitlose rosyne
60 ml blatjang
30 ml fyn appelk.konfyt
30 ml asyn
30 ml Worcestersous
30 ml tamatiepasta
Druk water uit brood en meng met res van B se bestanddele
Meng met maalvleis en kook 20 min. oor lae hitte
Skep in gesmeerde bak
GROEP C
375 ml melk
2 eiers
vars suurlemoenblare
Klits melk & eier saam, giet oor vleis.
Druk hier & daar ‘n suurlemoen blaar in vleismengsel.
Bak 45min. by 180 °C WEG 3/12/10
N.S dit is n baie Lekker resep!!!Geniet hom Helena 3/12/10 ♥

     

                                                                 
Helena Kruger
BOBOTIE RESEP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/bobotie-maalvleis-geregte.html
1 kg gemaalde beesvleis of skaapvleis
1 middelslag ui fyngekap
½k pitlose rosyne (opsioneel)
12.5 ml appelkooskonfyt
12.5 ml vrugte blatjang
1 sny witbrood
10ml botter of olie
3 eiers
250ml melk
25 ml suurlemoensap
10ml kerriepoeier
5ml borrie
2 suurlemoen of lourierblare
10 ml sout
Metode:
Week die brood in 125ml van die melk, druk die melk uit, meng die brood met die gemaalde vleis. Meng al die bestanddele by behalwe die botter of olie, eiers, melk en blare. Smelt die botter of verhit die olie in 'n pan en verbruin die vleismengsel liggies daarin. Keer uit in 'n kasserol (kan
nou gevries word). * Klop die eiers en die res van die melk ligweg en giet oor die vleismengsel. Garneer met die blare. Bak in die oond by 180°C, omtrent 50 minute.
As dit gevries word volg dan net van die * af verder as klaar ontdooi is.
Genoeg vir 8 porsies. Voorbereiding 30 minute. Kooktyd 50 minute.
Hierdie resep is baie lekker, veral die volgende dag.
"Mona" Weg" 3/12/10 


                                                      Foto> in en om die huis>
Carin Ras Wilson
PAMPOENBOBOTIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/bobotie-maalvleis-geregte.html
[Deur Marlene van Eeden]
Marlene sê: Dié pampoenbobotie is maklik, maar lyk indrukwekkend. Dis boonop spotgoedkoop én daar's niks potte en panne wat later gewas moet word nie!
Bestanddele
• ’n groenskil-boerpampoen (dis minder waterig as gewone boerpampoen)
• ’n dik sny brood, korsies afgesny
• 1½ koppie melk
• 2 eetlepels sonneblomolie
• 2 teelepels botter
• 2 uie, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekneus
• 5 teelepels kerriepoeier
• 2 teelepels sout
• 2 eetlepels blatjang
• 1 eetlepel fyn appelkooskonfyt
• 1 eetlepel Worcestersous
• 1 teelepel borrie
• 5 teelepels bruinasyn
• 1 kg beesmaalvleis
• 3 eiers
• 6 eetlepels sultanarosyntjies (opsioneel)
• nog ’n knypie sout en borrie
• 1-2 lourierblare
Só maak jy
1. Haal ’n bietjie lyf af. Sny die boonste deel van die pampoen versigtig af en hou dit eenkant sodat jy dit later as ’n “hoed” kan gebruik (moenie dié deel bak nie). Hol die pampoen versigtig in die middel uit, maar los ’n lekker dik laag om die rande. Week intussen die brood in die melk.
2. Bring daai geur! Verhit die olie en botter in ’n groot pan en braai die uie en knoffel. Gooi die kerriepoeier, sout, blatjang, konfyt, Worcestersous, borrie en asyn by en meng dit goed.
3. Van pienk na bruin. Druk die melk uit die brood (hou die melk eenkant) en maak die brood fyn voordat jy dit saam met die maalvleis en sultanas in die pan gooi. Laat dit oor lae hitte prut terwyl jy dit roer totdat die vleis nie meer pienk is nie. Haal die vleis dadelik van die plaat af en meng een geklitste eier by voordat jy dit in die uitgeholde pampoen skep.
4. Amper daar. Klits die orige twee eiers saam met die melk waarin jy die brood geweek het. Gooi ’n knippie sout en die borrie by. Gooi die mengsel oor die vleis in die pampoen en sit dit in ’n pan met ’n bietjie water.
5. Maak die wêreld vir hom warm. As jy die resep by die huis probeer, kan jy die pampoen vir twee uur in die oond bak. Haal dit uit en sit die “hoed” terug. Op ’n oop vuur kan jy die pampoen in ’n gietysterpot met ’n bietjie water sit en kole rondom pak. Laat dit vir omtrent twee uur gaar word (sonder om die deksel op te sit) totdat die vleismengsel gestol het. Haal dit van die kole af en sit die “hoed” terug.
6. Dis etenstyd! Sit die bobotie voor saam met ’n mengsel van bruin-en-wilderys.
By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering


NOEDELGEREG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/bobotie-maalvleis-geregte.html
Vinnig en lekker.
500 g maalvleis
1 groot ui, fyn gekap
250 g ontbytspek
1 blik (420 ml) geroomde suikermielies
500 ml gaar noedels
1 blik (425 g) tamatieroomsop
sout en peper na smaak
500 ml gerasperde cheddarkaas
Metode:
Stel oond op 180°C. Smeer 'n tertbak van 180 mm x 300 mm.
Braai vleis en ui in 'n pan en voeg spek by. Braai nog 'n bietjie tot ui sag en vleis gaar is. Voeg die suikermielies, noedels en sop by en geur. Skep in voorbereide bak en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak in voorbereide oond tot kaas gesmelt is.
Wenk: Jy kan die kaas met die helfte verminder en dus net 250 ml gebruik.
Vou dan eers dié kaas in die mengsel en sprinkel dan 'n halwe ring fetakaas (gekrummel en gemeng met bietjie vars broodkrummels) bo-oor.
Voeg gerus ook bietjie vars gekapte pietersielie by vir ekstra geur en kleur


Maré Nieuwoudt
Hier is nou n lekker resep as jy nie weet wat om te maak nie. Het dit al taamlik baie gemaak en is altyd lekker.
VERGEET-MACARONI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/bobotie-maalvleis-geregte.html
2 Uie, geskil en gekap
50 ml ( 4 eetlepels ) olie
15 ml (3 teelepels) kerriepoeier
5 ml (1 teelepel) borrie
750 – 850 g maalvleis
Sout en peper (ek gebruik nie peper nie omdat daar kerrie inkom)
1 blik (425g) minestronesop (condensed een nie reg om te eet een nie)
1 pak (500G) Elmboogmacaroni
Kookwater
1 blikkie (410g) Indiese tamaties
25 ml (2 eetlepels) fyn gekapte pietersielie – die skip ek gewoontlik
METODE:
1. Verhit die pan en braai die uie in die olie tot sag en deurskynend. Voeg die Kerrie en borrie by en roer deur. Voeg die vleis by en braai bruin. Geur goed met sout en peper.
2. Roer die sop by. Strooi die macaroni net so uit die pakkie bo-oor. Geur liggies met sout. Voeg drie blikke kookwater by. Skep die tamaties by. (nie alles op een plek nie). MOENIE roer nie. Bedek en prut vir 45 minute op LAAG, sonder om in die pan te loer. Strooi pietersielie oor en sit voor. Rapport-tydskrif 1 Februarie 1998

No comments:

Post a Comment