Monday 11 February 2013

MAROELABIER


Berie Vd Velden Smith  
MAROELABIER: 
 [KOOKKUNS]
1 liter ryp maroelas
10 liter lou water
1,6 kg wit suiker
150 g rosyne

10 g aktiewe droë gis
10 ml kremetart
10 ml wynsteensuur
METODE:
Sny 'n kruis in elke maroela. Kneus die vruggies liggies en voeg die water en suiker by. Roer dit totdat al die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in 'n plastiek emmer met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis.
Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Net soos met die gemmerbier, plaas 2 tot 3 rosyne in elke bottel en draai die doppe liggies vas . Laat die bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/maroelabier.html

No comments:

Post a Comment