Saturday 23 March 2013

7 MIN. MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK / MIC



7min MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK
1 kp Koekmeel
1 kp suiker
3 e kakao
1kp lou water
1t vanilla
4t bakpoeier
1/4t sout
2 eiers
1/4k olie
Metode:
Sif meel, sout,kakao, suiker en bakpoeier saam
Meng geklitste eiers
met lou water en olie en voeg vanilla by
Voeg droe bestandele by eier mengsel en meng baie goed..Gooi in gesmeerde bak, en bak vir 7min op hoog in mikrogolf.
los in die oond vir 1 minute voor jy uithaal, laat bietjie afkoel tot los, en dop uit bak uit.
Versiering:
1 blik ideal melk
1/4 kp suiker
 200g heelneut sjokolade.
Smelt 3/4 blik ideal melk en suiker oor lae hitte en gooi oor warm koek. Laat die koek heeltemal afkoel.Smelt die res van die ideal melk en sjokolade op lae hitte
een gooi oor koek, smeer tot bo-op bedek en teen die kante afloop*Helena Kruger foto. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/7-min-mikrogolf-sjokolade-koek-mic.html 




Helena Kruger
Die 7min Mikrogolf Koek gebak sonder Kakao met Mielieblom en n Lemoensousie oorgegooi toe hy uit die vorm gekom het..4/05/2015
Sousie
1/2 k lemoensap
1/2 k water
1/2k Suiker
2 e Botter

Lekker gekook nie te lank nie en 1 lemoen se skil gerasper en dit bygevoeg oorgegooi stadig en laat koud word
Versier met Gekookte kondensmelk en biettjie room ingemeng net n dun lagie en Styfgeklopte room met bietjie versiesuiker gemeng en oorgesmeer
Toe sien ek die botteltjie met Lemoenmarmelade met chillies loer vir my en drizzel sommer so n bietjie stroop en stukkies oor..Heel Gaaf se ekke behalwe Pappie het per ongeluk n chillie in sy happie gekry..Moes maar net wegkyk en lag..ha ha Helena.. 

1 comment: