Friday 1 March 2013

BUNNY CHOWS



BUNNY CHOW
Frans Odendaal








Sardyn-Kerriebrood

SOUS
15 ml (1 e) olie
2 rooi brandrissies, fyngekap
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 blik (410 g) gekapte tamaties
1 blik (410 g) tamatiepuree
5 ml (1 t) paprika
30 ml (2 e) suiker
30 ml (2 e) witwynasyn
KERRIEBROOD
1 blik (410 g) sardyne in tamatie
1 blik (410 g) bone
sout en peper
brood vir voorsit
Sous: Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en soteer die brandrissie, ui en knoffel 2 minute of tot die ui deurskynend is. Voeg die res van die sousbestanddele by en laat prut 10 minute.
Kerriebrood: Voeg eers die sardyne en dan die bone by die pot sous en laat prut 10 minute oor lae hitte.
Hol die binnekant van die brood uit en skep die sardyne en bone in die uitgeholde brood.* Hope Malau*Huisgenoot 







BOBOTIE BUNNY CHOW

500 ml karringmelk
500 g semelbruismeel
150 ml gaar pampoen, of botterskorsie
boerwors

Meng die karingmelk, bruismeel en pampoen.
Voeg dit in 'n broodpan en bak vir 40 min teen 180 grade. (Die broodjie sal nie heeltemal gaar wees nie)
Maak bobotie met die maalvleis van die boerewors.
Hol die broodjie uit.
Plaas die bobotie in die broodjie en smeer eiergeel oor.
Sit 'n lourierblaar bo-op.
Bak die brood regop in die oond vir 'n verdere 25 minute.

WENK
1. Ons plaas 'n gewone bobotie resep hieronder, gebruik net wors in die plek van die vleis.
2. Die broodjie netso gebak behoort ook lekker te wees.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/bunnychows.html

HELENA SE BOBOTIE!!

Hierdie is die lekkerste resep wat ek ken. Geheim le in die speserye wat verhit word - oppas vir aanbrand!
Bobotie
GROEP A
20 ml fyn gemmer
30 ml sagte bruin suiker
10 ml kerriepoeier
15 ml borrie
10 ml sout
1 ml peper
60 ml margarien
5 med. uie, gekap
Verhit in swaarboom-kastrol (oppas vir brand!)
Voeg margarien by en soteer uie tot sag.

GROEP B
2 snye witbrood in water geweek
1 kg maer maalvleis
150 ml pitlose rosyne
60 ml blatjang
30 ml fyn appelk.konfyt
30 ml asyn
30 ml Worcestersous
30 ml tamatiepasta
Druk water uit brood en meng met res van B se bestanddele
Meng met maalvleis en kook 20 min. oor lae hitte
Skep in gesmeerde bak
Helena Kruger
GROEP C
 375 ml melk
 2 eiers
 vars suurlemoenblare
 Klits melk & eier saam, giet oor vleis.
 Druk hier & daar ‘n suurlemoen blaar in vleismengsel.
 Bak 45min. by 180 °C WEG 3/12/10
 N.S dit is n baie Lekker resep!!!Geniet hom Helena 3/12/10 B



No comments:

Post a Comment