Saturday 2 March 2013

SOUFFLE'S

KAASSOUFFLE
Gesmelte botter en koekmeel vir die soufflé-bakkies
Soufflé
45 ml botter
50 g koekmeel
250 ml volroommelk
2 eiergele
60 ml gekrummelde bloukaas
60 ml gerasperde Gruyere
Knippie neutmuskaat
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
5 eierwitte
Soufflé is een van daardie geregte wat mense afskrik omdat dit so temperamenteel is en jou tydsberekening perfek moet wees.
Daar’s ’n goue reël wat jou sal help–moenie die oonddeur oopmaak vanaf die tyd dat jy die soufflé in die oond sit tot aan die einde van die baktyd, wanneer dit ’n diep, goudbruin kleur bo-op het nie. As die oondtemperatuur konstant bly terwyl die soufflé rys en gaar word, sal dit mooi hoog gerys bly wanneer jy dit tafel toe dra.
Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer vier ramekins of ander hoë bakkies goed met gesmelte botter en bestuif elkeen met koekmeel. Maak ’n witsous met die botter, koekmeel en melk.Prut, terwyl jy roer, vir een tot twee minute en verwyder van die hitte. Laat staan vir ’n paar minute en klits dan die eier-gele, kaas, neutmuskaat, sout en peper by. Klits eierwitte tot stywe punte vorm. Roer ’n groot lepelvol by die kaassous tot goed gemeng en vou dan die res van die geklopte witte liggies by die sous in.
Verdeel mengsel tussen ramekins en bak vir 20-25 minute tot uitgerys en diep goudbruin. Haal uit oond en sit dadelik voor. Lewer vier porsies.*Landbou*2/3/13  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kaas-souffles.html

SOUFFLE- BRAAIKAAS
 (mikrogolf)
2 porsies
1 eier geskei
75g kaas fyn gerasper
25g (25ml) botter sag gemaak
sout en peper
Knippie mosterdpoeier
2 dik snye roosterbrood
paprika om oor te strooi
Meng die eiergeel, twee derdes van die kaas en die botter baie goed. Roer die sout, peper en mosterd in. Klits die eierwit styf en vou dit in die kaasmengsel in. Skep dit op twee snye roosterbrood en strooi die res van die kaas en paprika oor.
Mikrogolf onbedek vir 1 1/2 - 2 min op 100% krag totdat dit egalig warm is en effens gerys het. Sit onmiddelik voor.                  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kaas-souffles.html

SPINACH AND PARMESAN SOUFFLE
Taste.com - Australian Good Taste - Recipe by Tracy Rutherford
Ingredients
30g butter
1 1/2 tbs plain flour
185ml (3/4 cup) milk
1 bunch English spinach, ends trimmed, finely chopped
60g (3/4 cup) finely grated parmesan
3 eggs, separated
Pinch of cayenne pepper
Melted butter, to grease
2 tbs dried breadcrumbs
Method
Step 1
Melt the butter in a medium saucepan over medium heat. Add the flour and use a wooden spoon to stir until the mixture is smooth. Reduce heat to low and cook, stirring, for 1 minute or until the mixture bubbles. Remove from heat. Gradually add the milk, stirring constantly until the mixture is smooth. Place the pan over medium heat. Bring to the boil and cook, stirring constantly, for 3-5 minutes or until the mixture thickens. Add the spinach and cook, stirring, until the spinach wilts.
Step 2
Remove the pan from heat and stir in the parmesan. Transfer the mixture to a large heatproof bowl. Stir in the egg yolks. Season with salt and cayenne pepper.
Step 3
Preheat oven to 200°C. Brush the base and sides of six 185ml (3/4-cup) capacity ovenproof ramekins with melted butter to grease. Divide the breadcrumbs among the ramekins and rotate to coat the inside. Shake out excess.
Step 4
Use an electric beater to whisk the egg whites in a clean, dry bowl until firm peaks form. Use a large metal spoon to fold half the egg white into the spinach mixture until combined. Gently fold in the remaining egg white until the mixture is just combined. Spoon the mixture evenly among the prepared ramekins.
Step 5
Place the ramekins on a large baking tray. Bake in oven for 15 minutes or until the soufflés are puffed and golden. Serve immediately.     
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kaas-souffles.html

SUURLEMOEN-SOUFFLE
*vir diabete*
Kos & onthaal - idees
Omdat die resep nie suiker of eiergele, wat nogal baie vet bevat, gebruik nie, is dit die perfekte nagereg vir diabete en mense wat hul gewig dophou.
Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 35 minute
Baktyd: 12-15 minute

Oondtemperatuur: 180°C
• 250 ml suiker-plaasvervanger, soos SugaLite
• 60 ml vars suurlemoensap, deur ’n siffie gedruk
• 15 ml koekmeel
• 5 groot eierwitte, teen kamertemperatuur
1 Spuit ’n ligte lagie kossproei in vier ramekins (of gebruik een groot soufflé-bak). Sprinkel 10 ml van die suiker-plaasvervanger daaroor en skud oortollige suiker uit.
2 Maak ‘krae’ vir die soufflés deur stroke bakpapier te sny wat om die ramekins pas en 3-4 cm bo die rand uitsteek. Bind dit met tou vas en pak die ramekins op ’n bakplaat.
3 Verhit die suurlemoensap, 160 ml suiker-plaasvervanger en 50 ml water saam oor lae hitte. Roer tot die suiker-plaasvervanger opgelos het. Verhit tot kookpunt.
4 Meng die meel met 30 ml water en roer om ’n pasta te vorm. Voeg ’n bietjie van die warm stroop by die pasta en roer. Gooi dit terug in die kastrol en roer aanhoudend vir ’n minuut. Haal van die plaat af en laat heeltemal afkoel.
5 Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser in ’n skoon bak tot dit sagte punte vorm. Voeg die orige suiker-plaasvervanger bietjies-bietjies by en klits goed tot dit opgelos het.
6 Gooi die suurlemoenmengsel in ’n groot bak. Vou omtrent ’n kwart van die eierwit by die suurlemoenmengsel in, en vou dan die res liggies in. Skep gelyke hoeveelhede in die ramekins. Maak die bokante glad en trek die agterkant van ’n teelepel al om die rand. Bak vir 12 tot 15 minute tot goudbruin. Haal die kragies versigtig af en sit dadelik voor.    
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kaas-souffles.html

No comments:

Post a Comment