Friday 15 March 2013

DIABETIESE BESKUIT RESEPTE







VOLKORINGBESKUIT VIR DIABETE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/diabetiese-beskuit-resepte.html

250g margarien
375ml laevet karringmelk
125ml semels
800ml volkoringmeel
125ml All Bran vlokkies
125ml koekmeelblom
25ml bakpoeier
5ml sout
90ml fruktose
METODE:
1. Smelt margarien en voeg die karringmelk by.
2. Meng die droë bestanddele.
3. Roer melkmengsel by droë bestanddele. Meng om ‘n sagte deeg te vorm.
4. Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne. Maak gelyk.
5. Bak teen 180C vir 50 minute. Laat afkoel.
6. Sny in beskuite. Droog teen 80C vir 8 uur of in lou oond.
Lewer ongeveer 50 beskuite. Kosmater 



Berie Vd Velden Smith
DIABETIESE BESKUIT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/diabetiese-beskuit-resepte.html
 
[BRON ONBEKEND JAMMER]
Probeer gerus hierdie een! Daar is wel suiker by, maar omdat dit so hoog in semels is, is dit Gi-Goed!
En mens kan nie juis teveel daarvan eet nie! Uitstekend vir die maag! Dit is baie bros hoor!
9 kp semels
2 kp bruismeel
3 kp Nutty Wheat
1 ½ kp suiker(gebruik plaasvervanger soos Natreen of Huletts se Suger-lite...)
1 groot hoë E bakpoeier
1 dessertlepel sout
500 g botter
4 eiers
500 ml melk
3 dessertlepels asyn
Meng droë bestanddele.
Vryf die botter in die meelmengsel in.
Meng al die vloeistof bestanddele en roer by bs.
Druk vas in oondpan
Bak vir 40 min teen 180 grade C. Sny in vingers en Droog uit.*15/3/13



Diane Roode Hancox
Huletts SUGALITE Diabetic
BUTTERMILK WHOLE WHEAT RUSKS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/diabetiese-beskuit-resepte.html

50g Low Fat Margarine
45ml (3T) Oil
250ml (170g) Sugalite
1 Large Egg
375ml (1&1/2cups) Buttermilk
125ml (1/2cup) Whole Wheat Flour
375ml (1&1/2cups) All Bran Flakes
500g Cake Flour, sifted
20ml (4t) Baking Powder
2.5ml (1/2t) Salt
Melt the margarine, oil and Sugalite in one large saucepan and allow to cool.
Beat until well combined.
Beat in the eggs, then beat in the buttermilk.
Add all the dry ingredients and stir until blended.
Pour the mixture into a loaf tin.
Bake in a preheated oven at 180C for 30 minutes
Turn out, and leave to cool.
Cut into rusks.
All to dry overnight in the oven warmer draw or switch the oven to 100C and leave for 4 - 6 hours to dry completely.
Stor in an airtight container.
MAKES 30 Rusks

Jenny van der Westhuizen
MIKROGOLF-GESONDHEIDSBESKUIT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/diabetiese-beskuit-resepte.html

Lewer 60 vingerbeskuite
250ml (1k) laer-GI-hawermout
500ml (2k) koekmeel, gesif
25ml (5t) bakpoeier
...5ml (1t) koeksoda
500ml (2k) semels
500ml (2k) hoëvesel-ontbytgraan*
500ml (2k) volgraan-ProNutro* (‘original’ of ‘apple bake’)
250ml (1k) Suiker
5ml (1t) Sout
250ml (1k) Sultanas
2 appels, geskil en gerasper
100ml (2/5k) canola- of olyfolie*
1 liter (4k) vetvrye gewone of vrugtejogurt*
250ml (1k) afgeroomde melk*
2 eiers
5ml (1t) vanieljegeursel
Metode:
1. Meng al die droë bestanddele met ’n houtlepel in ’n groot bak. Gebruik die houtlepel om die mengsel ’n paar keer met ’n opligbeweging te belug. Voeg die sultanas en gerasperde appels by en roer tot gemeng.
2. Meng die olie, jogurt, afgeroomde melk, eiers en vanieljegeursel in ’n groot beker. Voeg by die droë bestanddele.
3. Gebruik ’n houtlepel en meng die vloeibare bestanddele met die droë bestanddele tot net gemeng.
4. Skep die deeg in 2 reghoekige mikrogolfbakke (bv. Tupperware-broodhouers, 27cm x 22cm, of glasbakke van dieselfde grootte) wat met koeksproei bespuit en met papierhanddoek gevoer is.
5. Mikrogolf elke houer 18-20 minute lank op hoog.
6. Maak seker dat die bokant van die beskuit nie meer klam is wanneer jy dit uit die mikrogolfoond haal nie. As dit nog klam is, mikrogolf nog 10 sekondes op ’n keer tot geseël bo-op.
7. Keer die bakpan op ’n afkoelrak om. Trek die papier versigtig af en laat die beskuit 20 minute lank afkoel voordat jy dit in jou vingers sny.
8. Sny elke broodpan se inhoud in 30 vingers en droog die beskuit in ’n stadige oond (2-3uur lank by 100? C) uit.
Die resep kan met welslae gehalveer word vir ’n kleiner baksel.
Dieetkundige se aantekeninge
• Die beskuit is uitstekend as ’n lae-GI-maaltyd of –versnapering voor oefening, omdat dit nie die daling in bloedglukose ná oefening help teëwerk.
• Die lae GI en lae Glukemiese Lading van dié beskuit maak dit ook ’n ideale versnapering vir diabete, kinders met AGS en mense wat aan hipoglukemie ly.


Elda Lombard
Ouma bak
SADE-BESKUIT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/diabetiese-beskuit-resepte.html

Lewer 84 stukke (vry van koring, eiers en melk)
750g rogmeel
100ml glutenpoeier
30ml bakpoeier
'10ml sout
150ml klam bruinsuiker
60ml sonneblomsaad
60ml lynsaad
60ml sesamesaad
30ml papawersaad
270ml margarien gesmelt (250g)
650-750ml water
Sif die meel, glutenpoeier, bakpoeier en sout saam om goed te meng. Voeg die suiker by en meng goed.
Meng margarien en water en voeg by die droe bestandele, meng tot 'n sagte, klewerige deeg. Voeg meer water by indien nodig. Skep die deeg in 2 gesmeerde rolkoekpanne en maak gelyk bo-op.
Bak 45-50min by 180 grade tot goudbruin en gaar. Laat afkoel, sny die beskuit en droog 8 uur lank by 80 grade.
VARIASIE: Vervang die water met melk, dan is die beskuit nie melkvry nie.
Voeg 2 geklitste eiers by die bottermengsel, dan is die beskuit ligter maar nie eiers vry nie
Die beskuit is redelik hard, die margarien kan vermeerder word tot 400g maar dan is die beskuit baie ryk.

Connie Fourie Nel .
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/diabetiese-beskuit-resepte.html

ek mos ingedagte 'n baie lekker "flop" karringmelk beskuit gemaak. kop was op 'n ander plek en ek sit toe ipv 250g margarien 'n hele 500g in en vergeet om die suiker in te sit. was dit nou die lekkerste bros beskuit. Ek dit sommer diabetiese beskuit genoem, my man is 'n diabeet. dit was nou 'n lekker souterige beskuit. Jy kan enige resep gebruik en net die suiker met Advantage vervang, gesonder suiker vervanger. wet dat die punt van 'n teelepel se hoeveelheid is gelyk aan omtrent 2 gelyk teelepels suiker. jy sal maar moet toets of dit reg is. dit het nie die slegte nasmaak nie en mens kry dit in 'n +/-500 gram pot, gewoonlik by die groot winkel groep en party apteke se gesondheids afdeling.15/3/13

1 comment:

  1. Kan jy gewone koekmeel met bakpoeier gebruik but beskuit.

    ReplyDelete